OuluUleåborg

Europese Kultuurhoofstad 2026Euroopan kulttuuripääkaupunki 2026

280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land  Landskap 20px Oulu Provinsie 20px Noord-Pohjanmaa Koördinate  Gestig op 8 April 1605 Oppervlakte:    - Totaal 3 817,52 vk km  - waarvan land 2 970,97 vk km  Hoogte bo seevlak 0–60 m Bevolking:    - Totaal (2022) 211 848  - Bevolkingsdigtheid 71,3/vk km Tydsone UTC +2 (OET)  - Somertyd UTC +3 (OEST) Klimaat    - Tipe Kontinentaal-gematig  - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 3,3 °C  - Gem. temp. Januarie/Julie −8,2 / 16,7 °C  - Gemiddelde jaarlikse neerslae 525 mm Burgemeester Ari Alatossava Amptelike webwerf ouka.fi

Oulu (Fins: [ˈou̯lu], ; Sweeds: Uleåborg, [ʉːlɛɔˈbɔrj], ) is 'n stad en munisipaliteit in die noordweste van Finland, aan die kus van die Botniese Golf by die monding van die Oulujoki-rivier. Met 'n oppervlakte van 3 817,52 vierkante kilometer en 'n bevolking van 211 848 in 2022 is dit die vyfde grootste stad in dié land ná Helsinki (Helsingfors), Espoo (Esbo), Tampere (Tammerfors) en Vantaa (Vanda), asook die grootste stad in Noord-Finland en die noordelikste grootstad in die Europese Unie. Die stad is in 1605 gestig en is ook hoofstad van die streek Noord-Pohjanmaa.

duimnael|links|Oulu in 1800 In teenstelling met ander groot stedelike nedersettings in Finland is Oulu se Sweedssprekende minderheid met iets meer as 300 persone of 0,2 persent van die totale bevolking so klein dat Oulu amptelik as 'n enkeltalig Finse stad geadministreer word.

Oulu was voorheen bekend vir sy Stockholmteer en salmbedryf, maar vandag is die stad 'n belangrikste sentrum van die Finse inligtingstegnologiebedryf. Die Universiteit van Oulu is in 1959 gestig. Die stad is bekend vir sy rol in die fietsryrewolusie. Saam met Trenčín in Slowakye is Oulu aangewys as die Europese Kultuurhoofstad van die jaar 2026.

Galery

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Nedersettings langs die Oossee