Die Sahrawis (Arabies: صحراويون, ṣaḥrāwīyūn, letterlik: "bewoners van die Sahara" of "woestynbewoners"; Berbers: ⵉⵙⴻⵃⵔⴰⵡⵉⵢⴻⵏ, Iseḥrawiyen; Frans: Sahraoui; Spaans: Saharaui) is 'n Arabiese etniese groep inheems aan die westelike gedeeltes van die Sahara, insluitende Wes-Sahara (opgeëis deur die Polisario en hoofsaaklik onder die gesag van Marokko), dele van Suid-Marokko, Noord-Mauritanië en die uiterste suidweste van Algerië.

duimnael|links|Vlag van Wes-Sahara en die Sahrawis duimnael|links|Kaart van Wes-Sahariese stamme duimnael|'n Saharwi-vrou in Marokko|links Soos by die meeste groepe van die Sahara is die Sahrawis-kultuur gemeng. Dit toon hoofsaaklik Arabies-Berberse eienskappe, soos die bevoorregte posisie van vroue (Matriargie), sowel as eienskappe wat gemeen is aan etniese groepe van die Sahel. Sahrawis bestaan uit baie stamme en is hoofsaaklik sprekers van die Hassanija-dialek van Arabies en sommige van hulle praat nog steeds Berbertale in beide Marokko se betwiste en nie-betwiste gebiede.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Etniese groepe in Algerië Kategorie:Etniese groepe in Marokko Kategorie:Etniese groepe in Mauritanië Kategorie:Etniese groepe in Europa Kategorie:Etniese groepe in Wes-Sahara