duimnael|regs|Gesig op Rondevlei, die westelike meer in die reservaat. Die Valsbaai-natuurreservaat is sedert 2015 ‘n verklaarde Ramsar-vleiland.
Ligging Hierdie reservaat lê op die Kaapse Vlakte en omsluit Rondevlei en Zeekoevlei. Dit is nagenoeg 1 500 ha groot en is by die koördinate geleë.
Gebruik duimnael|regs|Teringbos (Orphium frutescens) in die reservaat. Die plant is endemies tot sandvlaktes en vleie in die Kaapse kusstrook. Zeekoevlei is ‘n woongebied, piekniek- en ontspanningsterrein en verskeie soorte watersport word hier beoefen. Rondevlei is ‘n beskermde gebied.
Plante Ongeveer 256 inheemse plantspesies, insluitend die uiters bedreigde en byna uitgestorwe Erica turgida en Erica verticillata, groei in die gebied. Die Kaapse Vlakte sandfynbos en strandveld kom hier voor. Waterhiasint is 'n lastige indringer op die meeroewers.
Soogdiere Belangrike bevolkings van soogdiere word hier aangetref: die seekoei, groototter, watermuishond, Kaapse grysbok, steenbok, vleirot (Otomys irroratus), grootkolmuskeljaatkat (Genetta tigrini) en kleingrysmuishond.
Voëls ‘n Groot verskeidenheid voëlspesies kan hier waargeneem word, insluitend die kleinstrandloper, kemphaan, bontelsie, gewone sterretjie, grootflamink en witpelikaan.
Galery
Lees ook Ramsar-konvensie Ramsar-vleilande in Suid-Afrika
Kategorie:Natuurreservate in die Wes-Kaap