De Mond-natuurreservaat tussen Struisbaai en Waenhuiskrans in die Overberg val sedert 1986 onder die Ramsar-konvensie.

Die reservaat beslaan die mond van die Heuningnesrivier, is 918 ha groot en lê by 34° 43′ suid en 20° 7′ oos. Verskuiwende duine versper die riviermond en vorm ‘n broeiplek vir verskeie voëlsoorte. Dit is ook die habitat vir reptiele, skaaldiere en die seeperdjie Hippocampus.

Fauna Verskeie voëlspesies leef in die natuurreservaat soos kolganse, bloukraanvoëls, gevlekte prinias, swartrugmeeue, swarttobies, terekruiters, Damarasterretjies en bontvisvangers. Voëls uit die orde van die plevierfamilie soos die reusesterretjie, die grootstrandkiewiet en die geelborsstrandkiewiet kan ook waargeneem word.

Die water is die tuiste van visse soos die galjoen, sebravis, baardman (Umbrina canariensis), strepies en seeperdjies, maar ook ander wesens soos meerminslakke (Nerita albicilla), garnale en mangrovekrappe.

Sien ook Ramsar-vleilande in Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Natuurreservate in die Wes-Kaap