23 November is die 327ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (328ste in skrikkeljare). Daar volg nog 38 dae in die res van die jaar.

Gebeure 1165 – Pous Alexander III keer na Rome terug na sy eerste ballingskap. 1644 – Areopagitica, 'n toespraak aan die parlement teen sensuur, word deur John Milton uitgegee. 1700 – Pous Clemens XI volg Pous Innocentius XII op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 1732 – Pous Clemens XII verklaar Catherine del Ricci salig. 1761 – Pous Clemens XIII stel 10 nuwe kardinale aan, waaronder Christoph Anton von Migazzi von Waal und Sonnenthurn, aartsbiskop van Wene. 1848 – NG gemeente Smithfield word in die Oranje-Vrystaat gestig. 1869 – In Dumbarton in Skotland word die skip Cutty Sark te water gelaat. 1890 – Koning Willem III van Nederland sterf sonder 'n manlike opvolger en 'n spesiale wet word bekragtig om sy dogter prinses Wilhelmina in staat te stel om koningin te word. 1899 – Tweede Vryheidsoorlog: die Slag van Belmont vind plaas. 1941 – Tweede Wêreldoorlog: die Slag van Sidi Rezegh vind in Libië plaas. 1971 – Volksrepubliek China word 'n permanente lid van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad. 1988 – Suid-Afrika se staatspresident PW Botha begenadig die Sharpeville-ses wat ter dood veroordeel is vir hulle beweerde aandeel in die dood van die onderburgemeester van Sharpeville, Kuzwayo Jacob Dlamini, in September 1984. 2007 – ’n Nuwe geotermiese kragsentrale (sien ook: Geotermiese energie) in Landau, Duitsland word in gebruik geneem. Dit lewer 22 MW geotermiese krag en ± 2.5 MW elektriese krag wat genoeg elektrisiteit vir sowat 6000 huishoudings is. Verder word die 160°C warm water uit ’n diepte van 3000 m nie net gebruik om elektrisiteit op te wek nie, maar ook om op die koue winterdae die huise te verwarm.

Geboortes 870 – Alexander van Bisantium, Bisantynse keiser († 913). 1221 – Alfonso X van Kastilië († 1284). 1804 – Franklin Pierce, die veertiende President van die Verenigde State († 1869). 1864 – Herbert Castens, Suid-Afrika se eerste Springbokkaptein († 1929). 1887 – Hendrik van der Bijl, Suid-Afrikaanse wetenskaplike en “vader” van Yskor († 1948). 1887 – Boris Karloff, Britse akteur († 1969). 1888 – Harpo Marx, Amerikaanse akteur († 1964). 1888 – Theo Pienaar, Suid-Afrika se dertiende Springbokkaptein († onbekend). 1901 – Bennie Osler, Suid-Afrika se sewentiende Springbokkaptein († 1960). 1933 – Krzysztof Penderecki, Poolse komponis († 2020). 1935 – Hans van Heerden Suid-Afrikaanse bariton († 2023). 1941 – Franco Nero, Italiaanse akteur. 1943 – Günther Beckstein, Duitse advokaat en politikus. 1963 – Portchie, Suid-Afrikaanse skilder en entrepreneur († 2026). 1964 – Frank Rutherford, Olimpiese driesprongatleet uit die Bahamas. 1967 – Gary Kirsten, Suid-Afrikaanse krieketspeler. 1979 – Jonathan Sadowski, Amerikaanse akteur en vervaardiger. 1984 – Lucas Grabeel, Amerikaanse akteur, sanger en danser. 1992 – Miley Cyrus, Amerikaanse sangeres en aktrise. 1998 – Bradley Steven Perry, Amerikaanse akteur. 1996 – Andrie Steyn, Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler.

Sterftes 1407 – Lodewyk van Valois, Hertog van Orléans (* 1372). 1585 – Thomas Tallis, Engelse komponis (* c. 1505). 1848 – Sir John Barrow, Engelse ontdekkingsreisiger (* 1764). 1890 – Willem III van Nederland, koning van Nederland en groothertog van Luxemburg (* 1817). 1899 – Thomas Henry Ismay, Britse skeepsmagnaat, stigter van die White Star Line (* 1837). 1910 – Octave Chanute, Frans-Amerikaanse siviele ingenieur en lugvaartpionier (* 1832). 1937 – George Albert Boulenger, Belgies-Engelse dier- en plantkundige (* 1858). 1956 – Christo Albertyn Smith, Suid-Afrikaanse plantkundige (* 1898). 1973 – Constance Talmadge, Amerikaanse aktrise (* 1898). 1976 – André Malraux, Franse teoretikus en skrywer (* 1901). 1979 – Merle Oberon, Britse aktrise en sangeres (* 1911). 1982 – Grady Nutt, Amerikaanse akteur en skrywer (* 1934). 1982 – Adoniran Barbosa, Brasiliaanse komponis, sanger, kitaarspeler en akteur (* 1910). 1990 – Roald Dahl, Britse novelis, digter en romanskrywer (* 1916). 1991 – Klaus Kinski, Duitse akteur, draaiboekskrywer en regisseur (* 1926). 1994 – Art Barr, Amerikaanse rofstoeier en akteur (* 1966). 2000 – Brian Rawlinson, Engelse akteur en skrywer (* 1931). 2005 – Constance Cummings, Amerikaanse aktrise (* 1910). 2006 – Alexander Litvinenko, Russiese spioen en voormalige FSB-amptenaar (* 1962). 2006 – Philippe Noiret, Franse akteur (* 1930). 2006 – Anita O'Day, Amerikaanse sangeres (* 1919). 2012 – Larry Hagman, Amerikaanse akteur, regisseur en vervaardiger (* 1931). 2016 – Andrew Sachs, Britse akteur (* 1930). 2020 – Abby Dalton, Amerikaanse aktrise (* 1932). 2025 – Adriaan Snyman, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1938).

Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae

Kategorie:November