27 November is die 331ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (332ste in skrikkeljare). Daar volg nog 34 dae in die res van die jaar.
Gebeure 399 – Pous Anastasius I volg Pous Siricius op. 1237 – Slag van Cortenuova: Keiser Frederik II verslaan die Lombardiese Liga. 1444 – Tommaso Parentucelli (later Pous Nicolaas V) word aangestel as biskop van Bologna. 1923 – Die Centovalli-spoorlyn in Switserland skakel oor van stoom na elektrisiteit. 1988 – In Harare maak die Anglikaanse aartsbiskop van Kaapstad, Desmond Tutu, bekend dat kerkverteenwoordigers die “kategoriese uitspraak” van die ANC aanvaar dat hy voortaan geen sagte teikens sal aanval nie. 1996 – Pres. Nelson Mandela kondig aan dat Suid-Afrika sy diplomatieke bande met die Republiek China (Taiwan) verbreek ten gunste van betrekkinge met die Volksrepubliek China (Rooi China). 2001 – 'n Planeet met 'n waterstofatmosfeer word deur die Hubble-ruimteteleskoop op die eksoplaneet Osiris ontdek.
Geboortes 1701 – Anders Celsius, Sweedse sterrekundige († 1744). 1754 – Georg Forster, Duits-Poolse etnoloog en joernalis († 1794). 1798 – Andries Pretorius, Voortrekkerleier († 1853). 1820 – John Thomas Baines, Engelse kunstenaar en ontdekkingsreisiger van die Britse kolonies van Suider-Afrika en Australië († 1875). 1831 – Richard Wocke, die eerste argitek in die Oranje-Vrystaat († 1890). 1858 – Jens Friis, bevelvoerder van die Skandinawiese Korps in die Tweede Vryheidsoorlog († 1930). 1867 – Charles Koechlin, Franse komponis († 1950). 1887 – Dr. Colin Steyn, Suid-Afrikaanse regsgeleerde, kabinetsminister en laaste Vrystaatse Volksraadslid van die Verenigde Party († 1959). 1887 – Masaharu Homma, Japannese luitenant-generaal en oorlogsmisdadiger († 1946). 1915 – Hendrik van Blerk, Afrikaanse skrywer en digter († 2010). 1916 – F.A. Venter, Afrikaanse skrywer († 1997). 1921 – Alexander Dubček, Slowaakse politikus († 1992). 1940 – Bruce Lee, Chinese vegkunstenaar, vegkunsinstrukteur en vegkunsakteur († 1973). 1942 – Jimi Hendrix, popster († 1970). 1953 – Steve Bannon, Amerikaanse mediasakeman. 1963 – Gilbert Gibson, internis en Afrikaanse digter. 1973 – Sharlto Copley, Suid-Afrikaanse akteur. 1976 – Gerhard Steyn, Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. 1985 – Warrick Stock, Suid-Afrikaanse platejoggie (DJ), radio- en televisie-aanbieder, podsendingmaker en entrepreneur († 2025).
Sterftes 602 – Mauricius, keiser van Bisantium (* 539). 1722 – Stefan Jaworski, eerste president van die Heiligste Regerende Sinode (* 1658). 1852 – Ada Lovelace, Britse wiskundige en skryfster (* 1815). 1899 – Frans Lion Cachet, stigter van die dorp Ermelo (* 1835). 1955 – Arthur Honegger, Switserse komponis (* 1892). 1958 – Artur Rodziński, Poolse opera en simfoniedirigent (* 1892). 1983 – Jorge Ibargüengoitia, Meksikaanse skrywer (*1928). 2015 – Mark Behr, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1963). 2019 – Godfrey Gao, 'n Kanadese akteur (* 1984).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
Kategorie:November