29 November is die 333ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (334ste in skrikkeljare). Daar volg nog 32 dae in die res van die jaar.
Gebeure 1223 – Pous Honorius III keur die Orde van die Franciskane goed in die bul Solet annuere. 1503 – Pous Julius II stel vier nuwe kardinale aan waaronder twee van sy familielede. 1549 – Die konklaaf na die dood van Pous Paulus III begin. Dit sou 10 weke duur voordat Pous Julius III verkies word. 1553 – Gian Pietro Carafa (later Pous Paulus IV) word kardinaal-biskop van Porto en Santa Rufina. 1560 – Pous Pius IV publiseer 'n bul wat 'n oproep vir die hervatting van die konsilie van Trente bevat. 1627 – Emilio Bonaventura Altieri (later Pous Clemens X) word biskop van Camerino. 1669 – Pous Clemens IX stel twee nuwe kardinale aan waaronder Emilio Bonaventura Altieri (later Pous Clemens X). 1719 – Pous Clemens XI stel 10 nuwe kardinale aan waaronder Thomas Philippe Wallrad d'Hénin-Liétard d'Alsace-Boussu de Chimay, aartsbiskop van Mechelen, Vlaandere. 1900 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Slag van Renosterkop vind plaas. 1920 – Die Rooi Leër val Jerewan, Armenië, binne. 1929 – Admiraal Richard Byrd en twee passasiers voltooi die eerste vlug oor die Suidpool. 1942 – Die skip Dunedin Star strand naby Angra Fria aan die Namibiese Skedelkus met 106 passasiers aan boord. 1947 – Die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering stem ten gunste van die verdeling van die Britse mandaat van Palestina tussen Arabiere en Jode. 1970 – Die Sondagblad Rapport word gestig ná die samesmelting van Dagbreek en Die Beeld. 1988 – Die vierde Vrouekrieketwêreldbeker begin in Australië. 2000 – Die sewende Vrouekrieketwêreldbeker begin in Nieu-Seeland. 2009 – Rwanda word die 54ste lid van die Britse Statebond. 2012 – Die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies stem met 'n groot meerderheid vir die opname van Palestina as waarnemer.
Geboortes 1835 – Keiserin-weduwee en regentes Cixi, Qing-dinastie regentes van 1861 tot haar dood. († 1908). 1838 – Jan Lion Cachet, Suid-Afrikaanse teoloog van die Gereformeerde kerk († 1912). 1894 – Toon van den Heever, Suid-Afrikaanse digter, regter en Hertzogprys-wenner († 1956). 1898 – C.S. Lewis, Britse skrywer (* 1963). 1930 – David Goldblatt, Suid-Afrikaanse fotograaf († 2018). 1931 – Koos Human, Afrikaanse uitgewer, rubriekskrywer en musiekkenner († 2018). 1931 – Frank Mdlalose, eerste Premier van KwaZulu-Natal († 2021). 1932 – Jacques Chirac, Franse staatsman, President van Frankryk († 2019). 1933 – John Mayall, Engelse blues- en rockmusikant, liedjieskrywer en vervaardiger († 2024). 1954 – Maxi Schoeman, politieke wetenskap professor aan die Universiteit van Pretoria (UP) († 2025). 1961 – Tom Sizemore, Amerikaanse akteur († 2023). 1967 – Jaco Fouché, Afrikaanse skrywer. 1996 – Raisibe Ntozakhe, Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler.
Sterftes 82 – Pous Anianus van Alexandrië tweede patriarg van die Kerk in Alexandrië. (* onbekend). 1268 – Pous Clemens IV, 183ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±1195). 1626 – Ernst von Mansfeld, Rooms Katolieke huursoldaat wat vir die Protestantse saak geveg het (* 1580). 1643 – Claudio Monteverdi, Italiaanse komponis (* 1567). 1924 – Giacomo Puccini, Italiaanse komponis (* 1858). 1975 – Graham Hill, Britse F1-renjaer en tweemalige wêreldkampioen (* 1929). 1979 – Zeppo Marx, Amerikaanse komediant en akteur (* 1901). 1981 – Natalie Wood (Natasha Zakharenko), Amerikaanse filmaktrise (* 1938). 1986 – Cary Grant, Amerikaanse akteur (* 1904). 2005 – Deon van der Walt, Suid-Afrikaanse tenoor (* 1958). 2011 – Patrice O'Neal, Amerikaanse komediant (* 1969). 2017 – Jerry Fodor, Amerikaanse filosoof (* 1935). 2019 – Yasuhiro Nakasone, Japannese premier (* 1918). 2023 – Henry Kissinger, Amerikaanse politieke wetenskaplike en diplomaat (* 1923).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae Feesdag van Pous Anianus van Alexandrië tweede patriarg van die Kerk in Alexandrië in Koptiese Christendom.
Kategorie:November