2 Desember is die 336ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (337ste in skrikkeljare). Daar volg nog 29 dae in die res van die jaar.
Gebeure 1254 – Manfred verslaan die troepe van Pous Innocentius IV by Foggia. 1333 – Pous Johannes XXII publiseer sy bul "Summa providit altitudo consilii" oor die Universiteit van Salamanca en sy katedraal. 1615 – Pous Paulus V stel elf kardinale aan, waaronder Tiberio Muti, biskop van Viterbo. 1804 – Pous Pius VII salf Napoleon tydens sy keiserskroning. 1822 – Pous Pius VII stel Anne-Antoine-Jules de Clermont-Tonnerre, aartsbiskop van Toulouse, Frankryk aan as kardinaal. 1887 – Bouwerk begin aan die Leeubrug in Kerkstraat, Pretoria oor die Apiesrivier. 1915 – Albert Einstein publiseer sy algemene relatiwiteitsteorie. 1942 – Onder leiding van Enrico Fermi skep die Manhattan-projekspan by die Universiteit van Chicago die eerste selfonderhoudende kernkettingreaksie. 1961 – Die Kubaanse leier, Fidel Castro, verklaar dat hy 'n Marxis-Leninis is en dat Kuba kommunisme aanneem. 1971 – Die Verenigde Arabiese Emirate verkry onafhanklik van die Verenigde Koninkryk. 1989 – Die Malta-spitsberaad begin.
Geboortes 1767 – Lord Charles Somerset, goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop († 1831). 1825 – Dom Pedro II, tweede en laaste keiser van Brasilië († 1891). 1878 – Robert English, Engelse akteur († 1941). 1899 – John Barbirolli, Britse dirigent en tjellis († 1970). 1915 – Marais Viljoen, Suid-Afrikaanse politikus en vyfde Staatspresident van Suid-Afrika (1979–1984) († 2007). 1923 – Maria Callas, Amerikaanse operasangeres († 1977). 1925 – Julie Harris, Amerikaanse aktrise († 2013). 1955 – Dianne Kohler Barnard, lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die DA. 1968 – Lucy Liu, Amerikaanse aktrise. 1974 – Rachel Marsden, Kanadese rubriekskrywer, politieke kommentator en lektrise. 1977 – Marjan Šarec, Sloweense politikus, 9de eerste minister. 1981 – Britney Spears, Amerikaanse aktrise en sangeres. 1999 – Kelvin Kiptum, Keniaanse langafstandatleet († 2024).
Sterftes 537 – Pous Silverius, die 58ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). 1469 – Piero di Cosimo de' Medici ("die Jigtige"), de facto heerser van Florence tydens die Italiaanse Renaissance (* 1416). 1810 – Philipp Otto Runge, Duitse romantiese skilder (* 1777). 1814 – Die Markies de Sade, Franse edelman en erotikus, in Parys (* 1740). 1948 – Hendrik van der Bijl, Suid-Afrikaanse wetenskaplike en “vader” van Yskor (* 1887). 1972 – Genl. Sir Pierre van Ryneveld, (KBE, CB, DSO, MC), Suid-Afrikaanse militêre bevelvoerder en vlieënier (* 1891). 1983 – Fifi D'Orsay, Amerikaanse aktrise (* 1904). 1993 – Pablo Escobar, Colombiaanse dwelmbaron (* 1949). 2002 – Ivan Illich, Duitse filosoof en teoloog (* 1926). 2013 – Pedro Rocha, Uruguaanse sokkerspeler (* 1942).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae Feesdag van Pous Silverius in die Rooms-Katolieke Kerk.
Kategorie:Desember