Hierdie artikel handel oor die stad Rio de Janeiro. Vir die gelyknamige deelstaat, sien Rio de Janeiro (deelstaat). Rio de Janeiro 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter|raam Land  Deelstaat 20px|raam Rio de Janeiro Koördinate  Gestig op 1 Maart 1565 Oppervlakte:    - Totaal 1 221 vk km  Hoogte bo seevlak 2 m Bevolking:    - Totaal (2020) 6 747 815  - Bevolkingsdigtheid 5 285,6/vk km Tydsone UTC -3 (BRT) Burgemeester Eduardo Paes (PSD) Amptelike webwerf prefeitura.rio

Rio de Janeiro (Portugees: [ˈχiw d(ʒi) ʒɐˈne(j)ɾu], , letterlik: "Januarierivier") of kortweg Rio, die tweede grootste stad in Brasilië ná São Paulo en die hoofstad van die gelyknamige deelstaat, geleë aan die Guanabarabaai in die suidooste van die land. Die Portugese naam, wat "Januarierivier" beteken, verwys na die datum van sy ontdekking (1 Januarie 1502) deur die Portugese seevaarder Gaspar de Lemos en sy destydse vergissing – hy het die baai van Rio de Janeiro as 'n riviermonding beskou.

duimnael|links|Rio de Janeiro, soos gesien vanuit die Parque da Cidade in Niterói. 'n Buitengewone natuurlike ligging tussen bergpieke, strande en mere vorm die skouspelagtige agtergrond vir die wolkekrabbers van digbevolkte stadsdele asook die rustige voorstede van die Cidade Maravilhosa, die Wonderlike Stad Rio de Janeiro het in die tydperk tussen 1763 en 1960 as die administratiewe hoofstad van Brasilië gedien en hierdie funksie daarna aan Brasília in die sentrum van die land afgestaan. Rio de Janeiro se huidige stadsgebied het 'n bevolking van sowat 6,5 miljoen, terwyl sowat 12,3 miljoen in die metropolitaanse gebied van Rio de Janeiro woon (2015). Die bewoners word dikwels Cariocas genoem – volgens 'n term wat uit die taal van die inheemse Tupí-Guaraní-Indiane ontleen is en letterlik "die wit man se hut" beteken.

Die bekendste bakens van Rio de Janeiro is die Suikerbroodberg (Portugees: Pão de Açúcar), die Christus-standbeeld met 'n hoogte van 38 meter op die bergpiek Corcovado en die sandstrand van Copacabana. Rio de Janeiro staan daarnaas bekend vir sy jaarlikse karnaval, wat danksy die kleurryke parades van die plaaslike sambaskole duisende besoekers lok.

Rio de Janeiro is vandag nie net 'n gewilde toeristebestemming nie, maar ook 'n belangrike handel- en nywerheidsentrum, met voedselverwerking, tekstiel-, glas-, porselein- en farmaseutiese nywerhede. Daar is ook 'n groot oliesuiweringsaanleg. Dele van die stad is op 1 Julie 2012 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys. Rio de Janeiro was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950, FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 en FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014. Die Olimpiese Somerspele 2016 is ook hier aangebied. Tydens die Vrouesokkerwêreldbeker 2027 sal dit ook een van die Brasiliaanse gasheerstede wees.

Etimologie Op 1 Januarie 1502 het die Portugese ontdekkingsreisiger Gaspar de Lemos die eerste Europeër geword wat die Guanabarabaai, waarlangs die stad geleë is, gesien het. Hoewel daar dikwels beweer word dat die naam "Rio de Janeiro" gekies is omdat die Portugese geglo het dat die baai die monding van 'n rivier was, is daar destyds in werklikheid geen onderskeid getref in die nomenklatuur tussen riviere, inhamme en baaie nie, wat beteken dat die waterliggaam korrek as 'n rivier aangewys is.

Geografie duimnael|links|'n Nasa-satellietbeeld van Rio de Janeiro duimnael|Ligging van die Metropolitaanse Gebied Rio de Janeiro Rio de Janeiro lê effens noord van die Steenbokskeerkring, langs die westelike kuslyn van die uitgestrekte Guanabarabaai met sy naastenby sewentig eilande en die Atlantiese Oseaan in die suide. Die stadsgebied met 'n totale oppervlakte van 1 260 vierkante kilometer lê op 'n vlakte en word in die noorde en weste deur die steil berge van die Serra do Mar begrens. Net 'n smal strook land verbind die middestad met die strandoorde in die suide. Die beboude gebied strek oor 'n afstand van sowat 179 km.

Die morros, kaal granietheuwels en bergpieke wat temidde van die stadsgebied verrys, waaronder ook die Suikerbroodberg op 'n skiereiland in die Guanabarabaai, oorheers die stad net soos die groot aantal strande en die tropiese Atlantiese Reënwoud, die Mata Atlântica. Die morros is uitlopers van die Serra do Mar, 'n gneis-en-granietbergreeks, en is in geologiese opsig oorblyfsels van die vroeëre kuslyn. Een van die heuwelreekse verdeel Rio de Janeiro in twee dele, die suidelike stadsgebied met onder meer Ipanema en Copacabana, en die noorde met die historiese stadsentrum (Centro) en 'n aantal nuwe stadsbuurte. Die hoogste bergpiek met 1 022 meter is die Pico da Tijuca wat deel uitmaak van 'n uitgestrekte natuurbewaringsgebied.

Naas Rio de Janeiro bestaan die metropolitaanse gebied uit twaalf ander stede en kleiner nedersettings: Nova Iguaçu, Duque de Caxias, São Gonçalo, Niterói, São João de Meriti, Nilópolis, Magé, Itaboraí, Itaguaí, Paracambí, Maricá en Mangaritiba.

Suikerbroodberg en Corcovado duimnael|Die Suikerbroodberg met die sweefspoor Die bergpieke Suikerbroodberg en Corcovado is Rio de Janeiro se bekendste landmerke. Die gewilde toeristetrekpleisters bied 'n goeie uitsig oor die stad en die Gunanabarabaai. Albei bergpieke is sogenaamde eilandberge, 'n tipiese verskynsel in wisselvogtige en droë subtropiese en tropiese gebiede.

Die Suikerbroodberg met 'n hoogte van 394 meter is in die stadsbuurt Urca aan een kant van die Copacabanastrand geleë. Sy Portugese naam Pão d'Açucar is afgelei van die inheemse Tupí-woord paundacuqua (letterlik "rotsneus"). 'n Engelsman was in 1817 die eerste mens wat daarin geslaag het om die Suikerbroodberg uit te klim.

Reeds in die jare 1912 en 1913 het 'n Switserse maatskappy hier 'n sweefspoor (Portugees: bondinho) gebou wat toeriste na die bergspits neem. Die oorspronklike kabelkar kon tot 1972 net 24 passasiers opneem en is daarna met groter karre vervang wat plek vir tot 75 passasiers bied. Die kabelspoor neem besoekers eers na die Morro da Urca (230 meter), 'n bergpiek wat net voor die Suikerbroodberg lê, en van hier verder op na die eindstasie.

Die Corcovado (letterlik "die geboggelde berg") met 'n hoogte van 710 meter maak deel uit van die Tijuca-bergmassief en staan bekend vir sy reusagtige Christus-standbeeld (Cristo Redentor of "Christus die Verlosser"). Die maklikste pad na die bergpiek loop vanuit die stadsentrum via die buurte Glória en Catete na Laranjeiras en uiteindelik oor die Rua Cosme Velho.

Klimaat duimnael|Wolke oor Dois Irmãos, 'n heuwelpiek in Ipanema duimnael|Die Gavea-rots naby Rio de Janeiro in Brasilië is die wêreld se grootste monoliet by die see Vanweë sy ligging op 'n lae breedtegraad, aan die Atlantiese Oseaan en aan die Guanabarabaai het Rio de Janeiro 'n warm tropiese klimaat met relatief konstante hoë humiditeit. Die hitte word deur die passaatwinde, wat hier dwarsdeur die jaar waai, effens gematig.

Die gemiddelde jaarlikse temperatuur is 22,6 °C met baie klein maandelikse skommelinge (die hoogste gemiddelde in Januarie en Februarie is 25,5 °C, die laagste gemiddeld in Julie 20,2 °C) en 'n gemiddelde jaarlikse reënval van 1 173 millimeter. Die meeste reënval word in die somermaande tussen Desember en April aangeteken, terwyl die wintermaande Junie, Julie en Augustus die droogstes van die jaar is. Winter is die beste reistyd vir besoekers wat tropiese temperature en humiditeit as onaangenaam ervaar. Atlantiese koue fronte beïnvloed soms die winterweer met reën, wind en koeler temperature wat twee of drie dae lank voortduur.

Die hoogste temperatuur wat ooit in die stad aangeteken is, was 43,2 °C op 14 Januarie 1984 in die stadsbuurt Bango, die laagste 4,8 °C op 19 Julie 1926 in Campo dos Afonsos.

Geskiedenis Koloniale tydperk duimnael|Guanabarabaai, die destydse kolonie France Antarctique, in 1555 duimnael|Stigting van Rio de Janeiro in 1565 Die Portugese seevaarder Gaspar de Lemos en sy ekspedisie was die eerste Europeërs, wat op 1 Januarie 1502 in die Guanabarabaai geland het, en een jaar later is die eerste klein nedersetting, wat net uit 'n aantal hutte bestaan het, deur Gonçalo Coelho naby die huidige Urca gestig. Die Portugese het teen die begin van die 16de eeu nouliks belang gestel in Brasilië en net 'n handjievol belangrike handelsposte langs die kus opgerig. Groter koloniale nedersettings is eers na 1530 gestig, maar hulle was ver van Rio de Janeiro in die noorde en suide geleë.

Dit was die Franse wat destyds kans gesien het om hul eie kolonies in Suid-Amerika te stig. In 1555 het die Franse admiraal Nicolas Durand de Villegaignon met drie skepe en 'n bemanning van 600 tot in Guanabarabaai geseil om die eerste kolonie in die suide van die vasteland te stig, wat later as France Antarctique bekend gestaan het.

Aanvanklik het die Franse net oor 'n fort op die klein eiland Sergipe (wat later herdoop is tot Villegaignon) beskik, maar vir die Portugese was dit rede genoeg om militêr teen die Franse koloniste op te tree. Die eerste aanval onder die leiding van goewerneur Mem de Sá uit Bahia is in 1560 deur die Franse afgeweer, veral danksy die feit dat die inheemse Tamoio-Indiane hulle militêre bondgenote geword het.

Die Portugese owerhede het vyf jaar later 'n tweede ekspedisie onder die leiding van Estácio de Sá, 'n neef van die Bahiaanse goewerneur, vanuit Portugal na Brasilië gestuur om die Franse vir goed te verdryf en 'n militêre basis op te rig. Die fort, wat op 1 Maart 1565 tussen die bergpiek Cara de Cão en die Suikerbroodberg het die bakermat van Rio de Janeiro geword. Die vesting en die dorp, wat hier begin ontwikkel het, is na die Portugese koning São Sebastião do Rio de Janeiro vernoem – dit is nog steeds die amptelike naam van dié stad.

Op 20 Januarie 1567 het Estácio de Sá danksy versterkings uit Bahia onder die bevel van Mem de Sá uiteindelik daarin geslaag om die Franse setlaars te verdryf. Die ou fort is afgebreek om plek te maak vir die uitbreiding van die Portugese stad, en reeds teen die einde van die 16de eeu was Rio de Janeiro een van die vier grootste Europese nedersettings in Brasilië. Sy blanke bevolking het in die tydperk tussen 1585 en 1600 vervyfdubbel tot 750 mense. Rio de Janeiro het geleidelik 'n strawwe mededinger van Bahia in die noorde geword.

Met die ontdekking van goud in die gebied van Minas Gerais het Rio de Janeiro vinnig tot die kolonie se beduidendste seehawe ontwikkel, en sy bevolking het tussen 1710 en 1763 gegroei van 12 000 tot 30 000. In 1763 het Rio de Janeiro ook die hoofstad van die Portugese Visekoninkryk Brasilië geword. Vir 'n kort periode tussen 1808 en 1821 het Rio de Janeiro selfs as die administratiewe hoofstad van die Portugese moederland gedien, nadat Lissabon deur Franse troepe onder die bevel van Napoleon Bonaparte beset is en die koning João VI (Johan VI van Portugal) Rio de Janeiro as die toevlugsoord van sy hof gekies het.

Tydperk ná die onafhanklikwording van Brasilië duimnael|Die middestad van Rio de Janeiro met die Catedral de São Sebastião do Rio de Janeiro duimnael|Die binneruimte van die Catedral de São Sebastião do Rio de Janeiro Toe die Portugese hof in 1821 na Portugal teruggekeer het, het net die prins-regent Pedro in Rio de Janeiro agtergebly. Op 7 September 1822 het Pedro die onafhanklikheid van Brasilië verklaar en homself tot keiser Pedro I van Brasilië laat kroon. Ná die dood van sy vader is hy gevra om na Portugal terug te keer, maar het dit steeds geweier. Keiser Pedro I was steeds ongewild in Brasilië en hy het uiteindelik afstand van die troon gedoen. Sy seun Pedro II van Brasilië is in 1841 as die nuwe Brasiliaanse keiser gekroon, en ná jare van politieke en ekonomiese onstabiliteit het Rio de Janeiro 'n nuwe periode van welvaart beleef.