28 November is die 332ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (333ste in skrikkeljare). Daar volg nog 33 dae in die res van die jaar.

duimnael|regs|180px|President Steyn van die Vrystaat

Gebeure 1633 – Pous Urbanus VIII stel sewe nuwe kardinale aan, waaronder Benedetto Ubaldi, ouditeur van die Heilige Roomse Rota. 1660 – Die Royal Society word gestig. 1786 – Pous Pius VI publiseer Super solidate teen Eybel se kritiek op die pous. 1885 – Die spoorlyn tussen Kimberley en Kaapstad word geopen. 1899 – Die Slag van die Twee Riviere, waar Lord Methuen aan Britse kant die bevel voer, vind plaas. 1905 – Die Ierse nasionalis Arthur Griffith stig Sinn Féin as 'n politieke party met die doelwit om onafhanklikheid vir die hele Ierland te verkry. 1912 – Albanië word van die Ottomaanse Ryk onafhanklik. 1937 – Die Switserse volk keur 'n referendum af om die Vrymesselaars in Switserland onwettig te laat verklaar. 1942 – Die RMS Nova Scotia word langs die kus van KwaZulu-Natal gekelder en 845 passasiers sterf. 1943 – Die begin van die Teheran-konferensie tussen Franklin D. Roosevelt, Winston Churchill en Josef Stalin. 1944 – Tweede Wêreldoorlog: Die Amerikaanse duikboot USS Archerfish kelder die vliegdekskip Shinano. 1960 – Mauritanië word van Frankryk onafhanklik. 1964 – Die Mars-verkenningsruimtetuig Mariner 4 word gelanseer. 1979 – Air New Zealand-vlug 901 vlieg teen die vulkaan Erebus in Antarktika vas en 257 mense sterf. 1987 – Die SAL-vliegtuig Helderberg met 159 mense aan boord stort naby Mauritius in die Indiese Oseaan neer. Almal sterf.

Geboortes 1118 – Manuel I, keiser van die Bisantynse Ryk († 1180). 1640 – Willem de Vlamingh, Nederlandse ontdekkingsreisiger († 1698 of later). 1757 – William Blake, waterverfskilder († 1827). 1796 – Colin Fraser, Skotse predikant in Suid-Afrika († 1870). 1820 – Friedrich Engels, Duitse nyweraar († 1895). 1887 – Ernst Röhm, die leier van die Sturmabteilung (SA) van die Nasionaal-Sosialistiese Duitse Arbeidersparty († 1934). 1931 – Renier van Rooyen, Suid-Afrikaanse entrepreneur en stigter van Pep Stores († 2018). 1935 – Frik du Preez, Suid-Afrikaanse rugbyspeler. 1937 – Wilbur Ross, Amerikaanse belegger en voormalige Minister van Finansies van die Verenigde State. 1949 – Zack du Plessis, Afrikaanse akteur († 2011). 1949 – Alexander Godunov, Amerikaanse balletdanser, akteur († 1995). 1965 – Erwin Mortier, Vlaamse skrywer. 1967 – Anna Nicole Smith, Amerikaanse model en aktrise († 2007). 1972 – Michael Blackson, Amerikaanse akteur. 1992 – Mireia Lalaguna, Spaanse model en skoonheidskoningin (Mej. Wêreld 2015). 1995 – Chase Elliott, Amerikaanse NASCAR-motorrenjaer.

Sterftes 741 – Pous Gregorius III, 90ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (Die BBKL gee 10 Desember) (* onbekend). 1640 – Patriarg Joasaf I van Moskou, vierde Russies-Ortodokse patriarg van Moskou en die hele Rusland (* onbekend). 1680 – Gian Lorenzo Bernini, Italiaanse argitek, beeldhouer, skilder en dekorontwerper (* 1598). 1694 – Matsuo Basho, Japannese digter (* 1644). 1916 – MT Steyn, President van die Oranje-Vrystaat (* 1857). 1962 – Wilhelmina, koningin van Nederland (* 1880). 1963 – Karyn Kupcinet, Amerikaanse aktrise (* 1941). 1982 – Pierre Fourie, Afrikaanse skrywer (* 1917). 1990 – Anders Birger Bohlin, Sweedse paleontoloog (* 1898). 1994 – Jeffrey Dahmer, massamoordenaar (* 1960) 1994 – Ian Serraillier, Engelse romansier en digter (* 1912). 2003 – Adri van der Walt, Suid-Afrikaanse plantkundige (* 1938). 2011 – Phil du Plessis, Afrikaanse digter (* 1944). 2012 – Jakes Gerwel, akademikus, politikus en sakeman (* 1946). 2019 – Wim Bosman, strokiesprentkunstenaar (* 1936). 2020 – David Prowse, Britse akteur (Darth Vader) (* 1935). 2021 – Sir Frank Williams, Britse Formule Een-motorsportlegende (* 1942). 2023 – Charlie Munger, Amerikaanse prokureur en sakevennoot van Warren Buffett (* 1924).

Vakansies, vierings en waarnemingsdae Feesdag van Pous Gregorius III in die Rooms-Katolieke Kerk.

Kategorie:November