24 November is die 328ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (329ste in skrikkeljare). Daar volg nog 37 dae in die res van die jaar.

Gebeure 496 – Pous Anastasius II volg Pous Gelasius I op. 642 – Pous Theodorus I volg Pous Johannes IV op. 1608 – Pous Paulus V stel vyf kardinale aan, waaronder Michelangelo Tonti, titulêr aartsbiskop van Nasaret. 1642 – Abel Tasman lei die eerste Europese ontdekkingstog om Tasmanië te bereik. 1644 – Pous Innocentius X verklaar Sint Bernard Tolomeo salig. 1675 – Pous Clemens X verklaar die 19 martelare van Gorcum salig. 1694 – Pous Innocentius XII verklaar Osanna Andreasi salig. 1792 – Pous Pius VI publiseer Quae causa met die afkondiging van 'n aflaat. 1848 – Pous Pius IX vlug uit Rome na Gaeta. 1859 – Charles Darwin publiseer On the Origin of Species. 1917 – Nege polisielede en een landsburger is dood toe ’n bom ontplof by die polisiehoofkwartier in Milwaukee, Wisconsin. 1935 – Die Senegalese Sosialistiese Party vergader vir sy tweede kongress. 1939 – Die NG gemeente Gobabis stig af van die NG gemeente Windhoek. 1943 – Tweede Wêreldoorlog: Die USS Liscome Bay word gesink deur ’n torpedo naby Tarawa en byna 650 bemanning is dood. 1951 – Vrystaatse Goudveld: Die eerste goudstaaf word in Welkom in die Vrystaat gegiet. 1963 – ’n Sluipmoord word uitgevoer op Lee Harvey Oswald deur Jack Ruby in die kelder van die Dallas polisiedepartement se hoofkwartier tydens ’n lewendige beeldsending. 1966 – ’n Bulgaarse vliegtuig met 82 passasiers aan boord stort neer naby Bratislava, Slowakye. 1969 – Apollo program: Apollo 12 se beheermodule plons veilig neer in die Stille Oseaan wat ’n einde bring aan die tweede bemande sending na die Maan. 1993 – In Liverpool word die 11-jariges Robert Thompson en Jon Venables skuldig bevind van die moord op die tweejarige James Bulger. 2018 – In die eindstryd van die sesde T20I-vrouewêreldbeker verslaan Australië Engeland met agt paaltjies.

Geboortes Onbekend (moontlik 1868) – Scott Joplin, Amerikaanse komponis en pianis, veral bekend vir sy treffer, "The Entertainer" († 1917). 1632 – Baruch Spinoza, Nederlandse filosoof († 1677). 1713 – Laurence Sterne, Iersgebore Engelstalige romansier, en Anglikaanse predikant († 1768). 1784 – Zachary Taylor, die twaalfde President van die Verenigde State († 1850). 1806 – William Webb Ellis, Britse geestelike en die Vader van rugby († 1872). 1887 – Erich von Manstein, Duitse generaal († 1973). 1919 – Felix du Plessis, Suid-Afrika se twintigste Springbokkaptein († 1978). 1920 – Prof. M.C.E. van Schoor, ook bekend as Tienie van Schoor, Afrikaanse historikus en skrywer († 2009). 1931 – Arthur Chaskalson, Suid-Afrikaanse regsgeleerde († 2012). 1934 – Alfred Schnittke, Sowjet-Duitse komponis († 1998). 1942 – Hennie Maas, Suid-Afrikaanse omroeper († 2024).

Sterftes 1572 – John Knox, Skotse predikant (* circa 1514). 1876 – William Robertson, Skotse predikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika (* 1805). 1916 – Hiram Maxim, uitvinder van die Maxim-masjiengeweer (* 1840). 1972 – Basil Schonland, Suid-Afrikaanse fisikus (* 1896). 1980 – George Raft, Amerikaanse akteur (* 1901). 1991 – Freddie Mercury, hoofsanger van die Britse rockgroep Queen (* 1946). 1999 – Hilary Minster, Britse akteur (* 1944). 2002 – John Rawls, Amerikaanse filosoof (* 1921). 2005 – Pat Morita, Amerikaanse akteur (* 1932). 2006 – Hercules von Molendorff, Bolandse rugby- en krieketspeler (* 1941). 2009 – Samak Sundaravej, Thaise premier (* 1935). 2014 – Emy Storm, Sweedse aktrise (* 1925). 2020 – Mamadou Tandja, van 1999 tot 2010 die president van Niger (* 1938). 2024 – Breyten Breytenbach, Suid-Afrikaanse digter, skrywer en skilder (* 1939).

Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae

Kategorie:November