Jerzy Karol Buzek (3 Julie 1940, Smilovici, tans Tsjeggië - ) is 'n Poolse politikus en huidige lid van die Europese Parlement. Hy was minister-president van Pole van 1997-2001 en president van die Europese Parlement van 14 Julie 2009 tot 17 Januarie 2012. Club of Madrid
Minister-president van Pole Buzek is chemies ingenieur en lid van Solidarność sedert hierdie beweging se vroeë dae en het 'n groot rol daarin gespeel. Van 1997 tot 2001 het hy sy land as minister-president gedien. Hierdie tydperk word deur baie groot veranderings rakende pensioene, gesondheidsorg, plaaslike en regionale bestuur, onderwys en mynbou gekenmerk. Hy het sy land die NATO ingevoer en die basis vir die EU-lidmaatskap gelê.
President van die Europese Parlement Buzek was die eerste president uit die Oos-Europese state wat in 2004 lid van die EU geword het. Onder hom het die invoering van die Verdrag van Lissabon plaasgevind en hy het 'n belangrike rol in die ratifiseringsproses gespeel. 'n Ander onderwerp wat sy aandag gehad het is energie. Saam met Jacques Delors het hy die inisiatief geneem om 'n Europese Energie Gemeenskap te stig.
Verwysings
Kategorie:Eerste Ministers van Pole Kategorie:Presidente van die Europese Parlement Kategorie:Geboortes in 1940 Kategorie:Lewende mense