duimnael|Charles de Gaulleduimnael|Pierre Werner, die Luxemburgse premier en bemiddelaar|150pxduimnael|Walter Hallstein, die EEG president Die Kompromis van Luxemburg van Januarie 1966 was 'n ooreenkoms tussen Frankryk en die ander vyf lede van die Europese Ekonomiese Gemeenskap wat 'n einde gemaak het aan die Franse 'beleid van die leë setel', waarmee die Franse regering van president Charles de Gaulle die instellings van die EEG geboikot het.
Die President van die Kommissie Walter Hallstein het voorgestel om die stemreg in die Raad van Ministers te wysig van eenstemmigheid na 'n gekwalifiseerde meerderheid. Hierdie metode was reeds in die Verdrag van Rome opgeneem. Frankryk, Duitsland en Italië het elk 4 stemme gehad, Nederland en België elk 2 en Luxemburg 1. Twaalf stemme was nodig vir 'n gekwalifiseerde meerderheid. Daar was ook planne om groter bevoegdhede aan die Europese Parlement (wat toe die Assemblee genoem word) oor die begroting te gee en aan die Kommissie rakende die Gemeenskappelike Landboubeleid.
Frankryk het dit as 'n bedreiging van sy soewereiniteit beskou, veral rakende die landboubeleid, waaroor die Franse met groot moeite met die ander lede onderhandel het. Ses maande het die land geweier aan vergaderings deel te neem. Dit het egter ook vir Frankryk ekonomiese gevolge opgelewer. Luxemburgse bemiddeling het gelei tot 'n kompromis. Frankryk het teruggekeer, maar die partye het eintlik net saamgestem dat hulle nie saamstem nie.
Eenstemmigheid het 'n vereiste geword indien 'n land verklaar het dat die planne sy wesenlike belange bedreig het. De Gaulle het hierdie wysiging verwelkom as 'n verskuiwing van supranasionalisme na intergoewermentele politiek. Sedert die kompromis is talle besluite geblokkeer deur net een lidstaat wat soms taamlik onbelangrike onderwerpe tot 'wesenlike belang' verklaar het en dit het die besluitneming ernstig bemoeilik, veral ná die toetreding van meer lede. Eers op 1 Julie 1987 het dit verbeter toe die Europese Akte die aantal besluite wat met gekwalifiseerde meerderheid geneem kan word aansienlik uitgebrei het.CVCE
Verwysings
Bronnelys Camps, M. (1964). The six and politícal union. The World Today, 20(1), 473–80. Cini, Michelle and Nieves Perez-Solorzano Borragan (eds.). European Politics. Oxford: Oxford University Press, 2010. Corbett, Richard; 'The European Parliament's Role in Closer European Integration', London, Macmillan (1998) and New York, St Martin's Press (1998) . Reprinted in paperback by Palgrave, London (2001) De Gaulle's First Veto: France, the Rueff Plan and the Free Trade Area Frances. M. B. Lynch, Contemporary European History, Vol. 9, No. 1 (Mar. 2000), pp. 111–135. Garrett, Geoffrey. 1995. "From the Luxembourg Compromise to Codecision: Decision Making in the European Union. " Electoral Studies 14 (3):289–308. Golub, Johnathan. 1999. "In the Shadow of the Vote? Decision Making in the European Community." International Organization 53:733–764. Ludlow, N. Piers. 2005. "The Making of CAP: Towards a Historical Analysis of the EU’s First Major Policy." Contemporary European History 14:347–371. Ludlow, N. Piers, Challenging French Leadership in Europe: Germany, Italy, the Netherlands and the Outbreak of the Empty Chair Crisis of 1965–1966. In: Contemporary European History. Vol 8(2). Luxembourg compromise bulletin (https://web.archive.org/web/20150610220051/http://www.eurotreaties.com/luxembourg.pdf) Moravcsik, Andrew. 2000. "De Gaulle Between Grain and Grandeur: The Political Economy of French EC Policy, 1958–1970 (Part 2)." Journal of Cold War Studies 2:4–68. Nicholl, W. 1984. "The Luxembourg Compromise." Journal of Common Market Studies 23: 35–44. Palayret, Jean Marie, Wallace, Helen, and Winand, Pascualine. Visions, Votes, and Vetoes: The Empty Chair Crisis and the Luxembourg Compromise Forty Years Later." Brussels, Belgium: P.I.E-Peter Lang, 2006. Spaak, P. (1965). A new effort to build Europe. Foreign Affairs, 43(2), 199–208. Teasdale, Anthony. 1993. "The Life and Death of the Luxembourg Compromise." Journal of Common Market Studies, 31(4), 567–579. Vanke, J. (2001). An impossible union: Dutch objections to the Fouchet plan, 1959–62 . Cold War History, 2(1), 95–113. DOI:10.1080/713999943
Kategorie:Geskiedenis van die Europese Unie