Patrick Dixon (1957) is 'n skrywer en besigheidskonsultant, wat dikwels beskryf word as 'n futuris en voorsitter van die tendense vir die voorspelling van die maatskappy Global Change Ltd.Ciaran Parker, The Thinkers 50. Praeger Publishers, 2005. Hy is ook stigter van die internasionale Vigsagentskap ACET en voorsitter van die ACET International Alliance. In 2005 is hy as een van die 20 mees invloedryke lewende sakedenkers beskou deur Thinkers 50 ('n privaatopname wat in The Times gepubliseer is).Thinkers 50 2005 Dixon is ook in die Independent on Sunday se 2010-"Gelukkige lys" ingesluit, met verwysing na ACET en sy ander werk wat die stigma van VIGS aanspreek.The IoS Happy List 2010 – the 100, Independent on Sunday, 25 April 2010
Mediese loopbaan Patrick Dixon studeer in die Mediese Wetenskappe aan King's College, Cambridge en studeer verder by Charing Cross Hospitaal, Londen. In 1978 terwyl hy nog 'n mediese student was, stig hy die IT-maatskappy Medicom. Hierdie maatskappy het mediese sagteware-oplossings in die Verenigde Koninkryk en die Midde-Ooste, gebaseer op die vroeë persoonlike rekenaars, verkoop. Nadat hy as dokter gekwalifiseer het, het hy by die St Joseph's Hospice gewerk en was ook as deel van die gemeenskapsorgspan wat aan die Universiteitskollege Hospitaal, Londen, gebaseer was.
In 1988 het hy die VIGS-liefdadigheidsorganisasie ACET geloods, gevolg deur die publikasie van sy eerste boek The Truth about AIDS, wat gewaarsku het van 'n ontvouende ramp wat sedertdien baie state in Afrika suid van die Sahara getref het. ACET het vinnig gegroei, met die verskaffing van tuisversorgingsdienste oor Londen en ander dele van die Verenigde Koninkryk, sowel as 'n nasionale seksopvoedingsprogram in skole, wat meer as 450 000 studente bereik het.
Dixon werk nie meer as 'n dokter nie, maar bly aktief betrokke as voorsitter van die ACET International Alliance. Dit is nou 'n netwerk van onafhanklike nasionale hulpsorg- en voorkomingsprogramme, met dieselfde naam en waardes, wat aktief is in 23 lande in Europa, Afrika en Asië.www.acet-international.org
Tendens analise, besigheidskonsultasie en skryfwerk Patrick Dixon adviseer nou groot maatskappye in baie verskillende nywerhede oor tendense, strategie, risikobestuur en geleenthede vir innovasie, en gee jaarliks voordragte aan sakeleiers tydens korporatiewe geleenthede.Patrick Dixon , speaker's profile at Leigh Bureau
Sedert die 1990's het Dixon 15 boeke geskryf wat 'n wye verskeidenheid kwessies en makro-tendense aanspreek, insluitende sosiale media, multikanaalbemarking, verbruikersverskuiwing, demografie, groei van opkomende ekonomieë, gesondheidsorg, biotegnologie, sosiale kwessies, volhoubaarheid, politiek en sake-etiek.
Persoonlike lewe Dixon is getroud met Sheila, met vier volwasse kinders insluitende die popkunstenaar Paul Dixon (bekend as fyfe, voorheen David's Lyre), en woon in Londen waar die familie in die plaaslike kerk- en gemeenskapslewe aktief is.
Boeke The Truth about AIDS – Kingsway / ACET International Alliance 1987, 1989, 1994, new edition 2004 AIDS and Young People – Kingsway 1989 AIDS and You – Kingsway / ACET Int. All. 1990, 2004 The Genetic Revolution – Kingsway 1993, 1995 The Rising Price of Love – Kingsway 1994 Signs of Revival – Kingsway 1994, 1995 Out of the Ghetto – Word 1995 The Truth about Westminster – Kingsway 1995 The Truth about Drugs – Hodder 1996 Cyberchurch – Kingsway 1996 Futurewise – Harper Collins 1998, 2001, Profile Books 2003, reprinted 2004, 2005, 4th edition 2007 Island of Bolay – Harper Collins 2000 – riller Building a Better Business – Profile Books 2005 Sustainagility – Kogan Page 2010
Verwysings
Bron Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia
Eksterne skakels
Kategorie:Engelse skrywers Kategorie:Geboortes in 1957 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Britse entrepreneurs Kategorie:Toekomsstudies