Spoorloos is 'n TV-dramareeks, geïnspireer deur Daddy Longlegs, 'n boek deur die Suid-Afrikaanse skrywer Vernon Baumann. Die reeks is vanaf 9 Oktober 2018 op KykNET (DStv kanaal 144) uitgesaai.
Elke seisoen van die reeks bevat 'n nuwe storielyn en nuwe karakters.
Reeks 1: Die storie speel af in die dorpie Digtersdal in die Oos-Kaap. Dis 'n spookdorp op soek na genesing en herlewing, maar na dertien jaar se onopgeloste raaisels keer die reeksmoordenaar van destyds skielik terug. Om hom op te spoor, moet 'n speurder en joernalis al die ou wonde oopkrap. Terselfdertyd is daar ook drie kinders van die dorp wat die monster probeer vastrek, met familie-intriges soos net 'n klein dorpie kan hê. Reeks 2: In hierdie seisoen word die storie vertel met nuwe karakters, en ook sy eie, nuwe storielyn. Adam se ontwaking wek baie belangstelling, maar nie almal is ewe bly dat dit gebeur het nie. Daar is 'n vrou wat in die hospitaal rondsluip en die dokter is oënskynlik baie senuagtig. Wanneer Adam later 'n traumatiese gebeurtenis onthou, besluit hy om self te probeer uitvind wat die aand van die motorongeluk gebeur het. Het dit enigiets te doen met die skoolmeisies wat van heksery verdink is? Reeks 3: ’n Baba verdwyn van ’n plaas in die Noord-Kaap. Haar ouers word dood aangetref. Beide die oppasser en die baba is spoorloos. Wat het daardie verskriklike nag gebeur? Wie het die ouers vermoor en hoekom is die dogtertjie ontvoer? Reeks 4: Stefan Claassen se lewe word in chaos gedompel wanneer 'n toevallige ontmoeting met sy lang verlore liefde nie net sy gevoelens vir haar opnuut laat opvlam nie, maar hom in 'n web van bedrog intrek wanneer sy vermis raak.
Spoorloos word Dinsdagaande om 20h00 op KykNET uitgesaai en is ook op Showmax beskikbaar.
Reekse
Rolverdeling
Reeks 1 Deon Coetzee as Werner Malan Catriona Andrew as Angelique Malan Francois Jacobs as Werner Jr. Malan Amalia Uys as Lara Malan Niel Slabbert as Jan-Gustav Malan Ludwig Binge as Ian Vos Wilmien Rossouw as Frieda Vos Ruan Wessels as Basjan Zane Meas as Adam Arendse Charl Fleurs as Keagan Arendse Eric Bouwer as De Wet Kim Syster as Sonja Landman Lieb Bester as Gert Neethling Elsabé Daneel as Magda Neethling Kagiso Rathebe as Sibusiso Jele Sibulele Gcilitshana as Lusanda Miya Ashley Taylor as Deon Prinsloo Morné Visser as Ds. Els André Odendaal as Piet 'Pille' Taljaart Ineke van der Merwe as Esti Taljaart Hannes van Wyk as Mnr. Immelman Lizz Meiring as Marie Fick SK Sombokwe as Fezile Grootboom Hendrey Smit as Sarel
Reeks 2 Andahr Cotton as Adam Prinsloo Gérard Rudolf as Frans Prinsloo Lee Visagie as Christa Viljoen Nastassja Pretorius as Yvette Strachan Charlotte Butler as Ouma Sannie Hanli Rolfes as Liesl Brand Philip Moolman as Gawie Brand Johan Baird as Dr. Geoff Lombaard Adriana Tollig as Roelien Lombaard Ruan Blum as Ben de Jager Jacques Gombault as Nardus de Jager Bertha Le Roux-Wahl as Erna de Jager Elma Postma as Isabel Vosloo Luandri Reynders as Bettie Vosloo Lara Botha as Janine Groottes Ilse-Lee van Niekerk as Heleen Prinsloo Huey Louw as Hannes Jacobs Alyzzander Fourie as Stoney Mostert Carla-Marie Myburgh as Wanda Mostert Marilize van Wyk as Lucy Williams Dillan Park as Leo Williams Zane Meas as Dr. Booysen Eloise Cupido as suster Van Wyk Eloise Clasen as Dr. Havenga Vuyelwa Booi as adjudant Nkonyeni Jade Morey as Sané van Staden Stanzi Malan as Monique Alberts Donovan Pietersen as sersant Neels Classen as Dominee Ruanco Uekermannn as seun-Adam Stefan Grobeler as seun-Ben Christo Davids as joernalis Peter Clark as Dawie Vosloo Charlene Prinsloo as juffrou Davids Dontae Luke Spykerman as kleuter Mostert
Reeks 3 Jane de Wet as Adri van Tonder Diaan Lawrenson as Joey Steyn Stiaan Smith as Daniel Steyn Wayne van Rooyen as Simon April Annebell Kohl as Liena April Franci Swanepoel as Therese van Tonder Brent Vermeulen as Xander Malherbe Donovan Pietersen as Tonie Brandon Eloff as Larry Silkowitz Izel Bezuidenhout as Giselle Jakkie Groenewald as Francois Struwig Neels Claase as Nick Malherbe Zelda Roelofs as Mari Malherbe Brandon Eloff as Larry Silkowitz
Reeks 4
Bobby van Jaarsveld as Stefan Claassen Izel Bezuidenhout as Emma Eloff Armand Aucamp as Lucas Eloff Tiaan Slabbert as Phillip Naudé Leché Joubert Deon Coetzee as Freek Lambrecht Hannes van Wyk Marisa Drummond as Cobie Lambrecht Robyn Rossouw as Belinda Paige Ilse Klink as Melanie Paige Brendan Daniels as George Paige Esmeralda Bihl as Sylvia September Donovan Pietersen as Darryl September
Episodes
Reeks 1 (2018)
Reeks 2: Heksejag (2020)
Reeks 3: Steynhof (2021)
Reeks 4: Die Eiland (2022)
Kategorie:Afrikaanse televisieprogramme