Taipei 101臺北國際金融中心Táiběi Guójì Jīnróng Zhōngxīn250pxPlekraam|20px Taipei, TaiwanStatusIn gebruikBouwerk begin1999Geopen2004KenmerkeGebruikkommunikasie, konferensie-, fiksheidsentrum, biblioteek, observasie, kantore, restaurant, winkelsHoogte van konstruksie508 mVerdiepings101Vloeroppervlak412.500 m²Kosprys€2 miljardArgitekC.Y. Lee & PartnersEienaarKTRT Joint VenturePortaal  22px  Siviele tegniek en boukundeTaipei 101Naam (taalvariante)Vereenvoudigde Chinees台北 101Tradisionele Chinees臺北 101Pinyintáiběi 101Tongyong pinyinTái běi 101Zhuyinㄊㄞˊ ㄅㄟˇ 101StandaardkantoneesT'òoi Pák 101HK-romanisasie (Standaardkantonees)Toi Pak 101MinnanyuTâi-pak 101MindongDài-báe̤k 101 </div> Die Taipei 101 is 'n wolkekrabber in die Taiwanese hoofstad Taipei. Die toring is op 31 Desember 2004 geopen. Met 'n hoogte van 508 meter (sonder antenne 449 meter) was dit tot Julie 2007 die hoogste gebou ter wêreld, waarna dit in hoogte oortref is deur die 2010-geopende Burj Khalifa.

Planne en konstruksie Oorspronklik sou die gebou slegs 66 verdiepings hoog wees. Die bedoeling van die ontwerp was om 'n toring te bou wat as simbool van welvaart en voorspoed van die finansiële gebied in Taipei sou staan. Die bouwerk het op 13 Januarie 1998 begin, waarna besluit word om die gebou te verhoog tot 101 verdiepings. Die konstruksie word erg vertraag weens dié besluit. Nog later tref 'n aardbewing Taipei en omgewing met 'n krag van 6,8 op die richterskaal. Twee hyskrane val om, met vyf sterfgevalle en 'n sewe maande vertraging in bouwerk. Die bopunt word op eindelik 1 Julie 2003 bereik.

Elk jaar word daar volgens tradisie Chinese vuurwerk afgevuur vanaf Taipei 101. Met die toring se opening op oujaarsaand was dit ook die geval. Onder die aanwesiges was onder andere burgemeester Ma Ying-jeou.

Strukturele feite links|duimnael|Ligging van die gestemde massademper in die toring links|duimnael|Die belangrikste gestemde massademper bo in Taipei 101 Taiwan lê op die grens van twee tektoniese plate waar aardbewings gereeld voorkom, daarom was dit nodig om spesiale maatreëls te tref by die bou van Taipei 101 om dié natuurkragte te weerstaan. Daarvoor het die argitek 'n ontwerp gekies met 'n gestemde massademper, 'n reusagtige bolvormige gewig (byna 800 ton) in die top van die gebou wat in 'n teenoorgestelde rigting beweeg tydens trillings. Die gewig van die bol absorbeer 'n deel van die bewegingsenergie van die gebou wanneer sulke trillings voorkom, byvoorbeeld tydens windstorms of aardbewings.

Die hysers in die gebou behoort tot die vinnigstes ter wêreld, hulle beweeg teen 60,5 km/h na bo en daal met 'n snelheid van 36,6 km/h. Die hysers is toegerus met 'n eie drukstelsel en noodremme, die kostes per hyser bedra om en by VS$2 miljoen.

Die ontwerp van die gebou is sterk beïnvloed deur die leer van Feng Shui. Die belangrikste vorm wat herken word in die geboustruktuur is die pagode.

Bronne

Kategorie:Geboue en strukture in die Republiek China Kategorie:Wolkekrabbers in Asië