’n Aantal vlae is reeds gebruik om die kulturele en geografiese gebied Oos-Turkestan in Sentraal-Asië te verteenwoordig, veral deur state wat tydens opstande in die laat 19de en vroeë 20ste eeu van China weggebreek het. Byna al die vlae het ’n ster en sekelmaan vertoon, ’n simbool van die streek se Turkiese en Islamitiese identiteit.
Die oorspronklike en bekendste nasionale vlag van Oos-Turkestan, Oeigoeristan of Oos-Turkmenistan, ook bekend as Kök Bayraq (Oeigoers: كۆك بايراق, Көк Байрақ, letterlik: “blou banier”) is op 12 November 1933 deur die regering van die kortstondige Eerste Oos-Turkestaanse Republiek (1933–1934) goedgekeur. Die Tweede Oos-Turkestaanse Republiek (1944–1946) het ’n soortgelyke vlag met ’n ster en sekelmaan gebruik, maar met ’n groen agtergrond, asook ’n wit vlag met die Sjahada daarop geskryf in goud.
Die vlag van Oos-Turkestan toon ’n enkele blou baan met ’n wit ster en sekelmaan effens links van die middel (aan die vlagpaalkant). Die lyk baie soos die vlag van Turkye, insluitende ’n ster en sekelmaan wat die historiese Tengriisme verteenwoordig, maar met ’n blou agtergrond pleks van rooi. Die blou kleur verwys na die Gökturke, ’n groep van antieke nomadiese Turkiese volke. Gökturke kan vertaal word as “Hemelse Turke”. Die Kök Bayraq bly ’n prominente simbool van die Oos-Turkestaanse onafhanklikheidsbeweging en die Oeigoerse diaspora. Die Kök Bayraq is ’n simbool van die Oos-Turkestaanse onafhanklikheidsbeweging wat vir die selfbeskikking van die Chinese outonome gewes Xinjiang – soms Oos-Turkestan of Oeigoeristan genoem – pleit. Soos die vlag van Tibet is die vlag van Oos-Turkestan weens die Oeigoere se strewe na onafhanklikheid in die Volksrepubliek China volgens die kommunistiese land se anti-separatisme-wet verbied en die besit of vertoning daarvan word erg bestraf word. In teenstelling daarmee word die Oos-Turkestaanse vlag tydens pro-Oeigoerse optogte in die Republiek China op Taiwan gereeld gebruik.
Geskiedenis Kashgaria (Yettishar) Die wegbreekstaat Kashgaria (Yettishar) het van 1873 tot 1877 die vlag van die Ottomaanse Ryk gebruik. In 1862 het in Oos-Turkestan ’n groot Islamitiese opstand teen die Qing-dinastie uitgebreek. Die militêre leier van Kokandi, Yakub Beg, het in die weste van die streek talle oases verower en in 1864 ’n emiraat met Kashgar as sy sentrum uitgeroep. Seyyid Yaqub Khan Töre, ’n amptelike Kokandi-gesande, het tussen 1865 en 1875 vier reise na Istanboel onderneem om Ottomaanse ondersteuning vir Yakub Beg te vra. Ten tye van sy laaste besoek in April 1875 het die Ottomaanse vlag reeds vir twee jaar in Kashgar gewapper. In Augustus 1875 het die Ottomaanse sultan Abdülaziz aan Yakub die titel emir toegeken en aan hom die Sancak-ı Şerif (die “sultan se heilige vlag”) geskenk, asook militêre adviseurs en wapens ter ondersteuning van Yakub Beg se weermag ontplooi. ’n Ekspedisieleër van die Qind-dinastie het die gebied ná Yakub Beg se skielike dood in 1877 herower. Töre het in ’n versoekskrif die Ottomaanse sultan gevra om die Qing-keiser Guangxu te oorreed om sy troepe uit Kashgaria te onttrek en na Kashgar se hys van die Ottomaanse vlag as ’n bewys van Ottomaanse soewereiniteit oor die gebied verwys. Töre se aansoek is egter geïgnoreer.
Eerste Oos-Turkestaanse Republiek duimnael|upright|Khoja Niyaz, president van die Eerste Oos-Turkestaanse Republiek voor die Kök Bayraq in Januarie 1934 Die Kök Bayraq is as die vlag van die Eerste Oos-Turkestaanse Republiek, amptelik die Turkse Islamitiese Republiek Oos-Turkestan, met sy onafhanklikheidsverklaring op 12 November 1933 amptelik goedgekeur. Pan-Turkiese en Pan-Islamitiese sentimente onder die Turkiese bevolking van Oos-Turkestan het tot plaaslike weerstand teen Chinese heerskappy en die stigting van die republiek in Khotan gelei. ’n Regering met ’n grondwet en wetgewer is gestig en die Kök Bayraq is in eersgenoemde bepaal.
Die ontwerp met ’n blou baan met ’n wit ster en sekelmaan, byna identies aan die Turkse vlag, sou na die republiek se kulturele en politieke bande met Turkye verwys. Terwyl die Turkse publiek sy entoesiasme met die stigting van die republiek uitgedruk het, was die Turkse buitelandse departement versigtig. Die Turkse minister van buitelandse het Turkye se “gevoelens vir 'n volk wat haar taal praat” uitgedruk en die reg van elke nasie op selfbeskikking herbevestig, maar onmiddellik enige verbintenis met die republiek ontken. Sowjetse diplomatiese druk het Turkye se politieke invloed op Sentraal-Asië oor die algemeen beperk en die republiek het met die verowering van Kashgar deur die Hui-Moslem-magte van die Ma-groep op 6 Februarie 1934 ineengestort.
Tweede Oos-Turkestaanse Republiek Op 7 November 1944 het opstande teen die Chinese bewind in die drie noordelike distrikte Ili, Tarbagatay en Altay uitgebreek. Vyf dae later is die Tweede Oos-Turkestaanse Republiek (amptelik slegs die Oos-Turkestaanse Republiek of OTR) in Ghulja (Yining) uitgeroep. Dié nuwe staat is in die geheim deur die Sowjetunie ondersteun, maar sy leierskap is oorheers deur godsdienstige konserwatiewes wat dit as ’n herstel van die Eerste Oos-Turkestaanse Republiek beskou het. ’n Groen vlag met ’n ster en sekelmaan op is as die nasionale vlag van die OTR goedgekeur, met groen wat Islam verteenwoordig het.
Seypidin Azizi, ’n lid van die OTR-regering en later die eerste voorsitter van die Xinjiang Oeigoer Outonome Gewes, het nog ’n vlag in sy biografiese werk The Eagle of Tian Shan – The Life of Abdukerim Abbasov (“Die Arend van Tiensjan – Die lewe van Abdukerim Abbasof”). Daarin het hy ’n byeenkoms beskryf wat hy een dag ná die stigting van die OTR met ander Oeigoerse politieke leiers gehad het. Hy was die eerste wat ’n toespraak gelewer het en sy verwarring met die skielike wending van gebeure in Ghulja uitgedruk: “Vroeg hierdie oggend het baie vlae op die straat verskyn. Een was ’n groen baan met ’n wit ster en sekelmaan op en die ander was ’n wit baan met die Sjahada” (“Daar is geen god behalwe Allah nie; Mohammed is die boodskapper van Allah”) geskryf in goue letters daarop. Wat gaan aan?” Die presiese ontwerp en verhouding van albei vlae is nie deur Seypidin in sy werk beskryf nie.
Vorige vlae
Huidige gebruik Die Kök Bayraq word gereeld gebruik deur ondersteuners van die Oos-Turkestaanse onafhanklikheidsbeweging, Oeigoerse nasionaliste en Turkiese diasporagemeenskappe om Oos-Turkestan of die Oeigoere in die besonder te verteenwoordig. Die Oos-Turkestaanse regering in ballingskap beskryf die Kök Bayraq in sy grondwet as sy nasionale vlag. In die Volksrepubliek China is die vertoning van die Kök Bayraq weens dié land se anti-separatisme wette verban. Onder die regering van die eerste minister Mesut Yılmaz was die Kök Bayraq ook in Turkye verbied.
Die vlag word dikwels tydens talle optogte teen die Kommunistiese Chinese regering gebruik, insluitende proteste in Istanbul, Washington D.C., New York, Hongkong en Taipei. Op 22 Desember 2019 het Hongkongse demokratie-aktiviste tydens grootskaalse teenregeringsproteste ’n optog ter ondersteuning van Oos-Turkestaanse onafhanklikheidsondersteuners gehou. Baie betogers het die Kök Bayraq gewaai of maskers met die vlag daarop gedra. Die Kök Bayraq is in 2020 met die invoering van die nasionale sekuriteitswet in Hongkong verbied, waarvolgens al die simbole van separatisme van die Volksrepubliek China verban is.
Die Turkse skansspringer Fatih Arda İpcioğlu het aan die Olimpiese Winterspele 2022 in Beijing met ligblou skiërs met ’n ster en sekelmaan daarop deelgeneem. Oeigoerse aktiviste het İpcioğlu geloof en gemeen dat sy skiërs doelbewus die Kök Bayraq uitgebeeld het. İpcioğlu het in onderhoude egter dié bewering ontken en aangevoer dat sy skiërs die Turkse vlag vertoon het en dat hy slegs ’n sportman is. Die Turkse Nasionale Olimpiese Komitee het İpcioğlu se stelling herhaal en aan Reuters kommentaar gelewer: “Dit was nie ’n politieke stelling nie. Soos u dalk weet toon die amptelike Turkse vlag ’n wit sekelmaan en ’n ster.”
Ontwerp LetterMateLengteGHoogteAAfstand tussen die middelpunt van die buitesirkel van die sekelmaan en die soom van die wit band GBDeursnee van die buitesirkel van die sekelmaan GCAfstand tussen die middelpunte van die binne- en buitesirkels van die sekelmaan GDDeursnee van die binnesirkel van die sekelmaan GEAfstand tussen die binnesirkel van die sekelmaan en die (denkbeeldige) sirkel om die ster GFDeursnee van die (denkbeeldige) sirkel om die ster GLWydte GMWydte van die wit soom aan die vlagpaalkant G
350px|senter|Konstruksietekening
Kleure In ’n RGB-kleurruimte bestaan die blou kleur van die Oos-Turkestaanse vlag uit 101/183/255 (dec); in heksadesimale kleurkode #65B7FF. In ’n CMYK-kleurruimte bestaan dit uit 58% siaan, 19% magenta, 0% geel en 0% swart. Die blou van die vlag word algemeen as hemelblou beskryf.
Die kleurskema word hieronder gelys: 30px <span style="color:white;">Hemelblou Wit RGB 101-183-255 255-255-255 Heksadesimaal #65B7FF #FFFFFF CMYK 58, 19, 0, 0 0, 0, 0, 0
Soortgelyke vlae
Sien ook
Vlag van Hongkong Vlag van Macau Vlag van Tibet Vlag van die Republiek China Vlag van die Volksrepubliek China
Verwysings
Eksterne skakels
Uighuristan by Flags of the World
Oos-Turkestan Kategorie:Xinjiang Oos-Turkestan