is ’n sednoïde en die voorwerp in die Sonnestelsel met die grootste bekende perihelium (naaste afstand aan die Son), selfs groter as dié van Sedna. Tog is se afelium (verste afstand) net omtrent die helfte van Sedna s’n. Die ontdekking van die kleinplaneet is op 26 Maart 2014 bekend gemaak.
Die liggaam het ’n absolute magnitude van 4, wat beteken dit is moontlik ’n dwergplaneet. Daar word verwag hy sal omtrent die helfte so groot soos Sedna wees en net so groot soos Huya. Die ooreenstemming tussen se wentelbaan en dié van ander uiters ver voorwerpe in die Sonnestelsel laat die ontdekkers, Scott Sheppard en Chad Trujillo, vermoed die hipotetiese Planeet Nege is daarvoor verantwoordelik.
Sy oppervlak het vermoedelik ’n pienk tint vanweë chemiese veranderings wat veroorsaak word deur bestraling op bevrore water, metaan en koolstofdioksied. Hierdie kleur stem ooreen met dié van formasies in die gasreusstreek en nie die klassieke Kuipergordel, wat deur rooi voorwerpe oorheers word, nie.
Verwysings
Eksterne skakels Foto's deur Scott S. Sheppard / Carnegie Institution for Science.
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Sednoïdes Kategorie:Moontlike dwergplanete