'n Soortnaam is 'n selfstandige naamwoord wat deur die onbepaalde lidwoord 'n voorafgegaan kan word en 'n meervoud kan hê. Dit geld ook vir abstrakte selfstandige voornaamwoorde, bv. 'n groot liefde, vele liefdes.

Soortname as eiename Soortname wat as eiename of as dele van meerledige eiename optree, kry aanvangshoofletters:

Nuwe Testament Departement van Buitelandse Sake, Fakulteit Geesteswetenskappe Hooggeregshof van Suid-Afrika Afrikaanse Hoër Seunskool Grieks-Ortodokse Kerk Kommissie vir Waarheid en Versoening Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Arbeidersparty, Christen-Demokratiese Unie Uniegebou, Administrasiegebou Hoëveld, Langeberge Melkweg, Suiderkruis Vrede van Vereeniging, Eerste Wêreldoorlog Hervorming, Middeleeue, Nasionale Hartweek Derde Wêreld, die Ooste, Noordpool

Eiename as soortname Eiename wat as soortname optree, behou gewoonlik die hoofletters van hul eienaamekwivalente.

Volkswagens, Corollas, Klipdrift, Lux, Stuyvesants 'n Stel Van Wyk Louws, sewe Oscars

Kategorie:Taalkunde