Die Nzhelelerivier (Njelelerivier) is 'n belangrike takrivier van die Limpoporivier in die noorde van die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika.

Die rivier word opgedam in die Nzheleledam voordat dit ongeveer 45 km ("soos die kraai vlieg") noordoos van die dam met die Limpoporivier se regterbank saamvloei.

Die opvanggebied van die Nzhelele word op 3 436 km2 bereken.http://www.fao.org/3/y5744e/y5744e07.htm

Verwysings

Kategorie:Riviere in Limpopo Kategorie:Limpoporiviersytakke