duimnael|260px|’n Kunstenaarsvoorstelling van die eksomaan Kepler-1625b I en sy planeet. duimnael|260px|’n Kunstenaarsvoorstelling van die stelsel MOA-2011-BLG-262.
’n Eksomaan of ekstrasolêre maan is ’n natuurlike satelliet wat om ’n eksoplaneet wentel, of om ’n ander niestellêre liggaam buite die Sonnestelsel. Daar word van die voorkoms van hemelliggame in die Sonnestelsel afgelei dat natuurlike satelliete algemene elemente van planetêre stelsels is. Die meerderheid bekende eksoplanete is reuseplanete. In die Sonnestelsel het die reuseplanete groot versamelings natuurlike satelliete (sien Mane van Jupiter, Mane van Saturnus, Mane van Uranus en Mane van Neptunus). Daar kan dus redelikerwys afgelei word eksomane is net so algemeen.
Hoewel dit moeilik is om eksomane met huidige tegnieke op te spoor en te bevestig, is in sendings soos Kepler ’n paar moontlike kandidate waargeneem, onder meer sommige wat habitats vir buiteaardse lewe kan wees en een om ’n moontlike weesplaneet.
Eienskappe Eienskappe van enige eksomane sal waarskynlik uiteenlopend wees, nes in die Sonnestelsel. As eksoplanete wat binne die bewoonbare sone van hul sterre wentel mane het, sal hulle kandidate wees om lewe te onderhou.Exomoons: on the hunt for distant worlds. Mary Halton, BBC News. 5 July 2018.
Kandidate Daar word vermoed die ster 1SWASP J140747.93-394542.6, in die sterrebeeld Sentour, kan ’n planeet met ’n maan hê. Die bevestigde eksoplaneet WASP-12b kan ook ’n maan hê. Российские астрономы впервые открыли луну возле экзопланеты
In Desember 2013 is aangekondig die weesplaneet MOA-2011-BLG-262 kan ’n eksomaan hê, maar dit kan ook ’n planeet so groot soos Neptunus wees wat om ’n rooidwergster met ’n lae massa wentel, ’n scenario wat die skrywers as meer waarskynlik beskou.
In Oktober 2018 het navorsers wat die Hubble-ruimteteleskoop gebruik, waarnemings gepubliseer van die kandidaat-eksomaan Kepler-1625b I, wat daarop dui dat die moederplaneet waarskynlik ’n massa van ’n paar Jupiter-massas het, terwyl die eksomaan ’n massa en radius het soortgelyk aan dié van Neptunus. Volgens die studie is die eksomaan-hipotese die eenvoudigste en mees waarskynlike verduideliking vir die beskikbare waarnemings, hoewel ook gewaarsku word dit is moeilik om te sê hoe groot dié moontlikheid in werklikheid is.
Lys Moederster van die moederplaneet Moederplaneet Planeet (MJ) Halwe lengteas (AE) Eksomaan se halwe lengteas (AE) Eksomaan se massa (M⊕) Notas1SWASP J140747.93-394542.6J1407b0,24<0,3Twee moontlike eksomane in klein ringgapings om J1407b.0,25 0,4 Moontlike eksomaan in ’n groot ringgaping om J1407b. WASP-12 WASP-12b ? Gevind deur periodieke toe- en afnames te bestudeer in die lig wat WASP-12b weerkaats. (Weesplaneet) MOA-2011-BLG-262 Onbeskikbaar ? Gevind deur mikrolenseffek; die "eksomaan" kan ook ’n planeet om ’n rooidwergster wees. Kepler-1625 Kepler-1625b 0,85 0,0023 ~17? Moontlike Neptunusgrootte eksomaan of dubbelplaneet, aangedui deur waarnemings van oorgange.
Verwysings
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Maan, ekso