Die Koninklike Australiese Vloot (KAV) is die vloottak van die Australiese Weermag. Na die totstandkoming van die Gemenebes van Australië in 1901, is die skepe en hulpbronne van die afsonderlike koloniale vlote opgeneem in 'n nasionale mag: die Statebondsvlootmagte. Nadat dit oorspronklik bedoel was vir plaaslike verdediging, is die titel van "Koninklike Australiese Vloot" aan die vloot verleen in 1911, en het dit toenemend verantwoordelikheid aanvaar vir die verdediging van die streek.

Brittanje se Royal Navy het voortgegaan om die Australiese Vloot  te ondersteun, en het bykomende blouwater-verdedigingsvermoë in die Stille Oseaan verskaf tot en met die vroeë jare van die Tweede Wêreldoorlog. Daarna het vinnige oorlogstydse uitbreiding die verkryging van groot skepe en die bou van baie kleiner skepe tot gevolg gehad. In die dekade na die oorlog is 'n klein aantal vliegdekskepe ook in diens gestel, die laaste van hierdie is opgeskort in 1982.

Die vloot is een van die grootste en mees gesofistikeerde seemagte in die Suid-Stille Oseaan-streek, met 'n beduidende teenwoordigheid in die Indiese Oseaan en by wêreldwye bedrywighede ter ondersteuning van militêre operasies en vredessendings. Die huidige Hoof van die Vloot is Vise-Admiraal Michael Noonan.

regs|duimnael|Hobart lei die vloot se nuwe klas van lug-oorlogvoering torpedojaers in, hier onder konstruksie in 2015 Vloot Teen Julie 2022 bestaan die Koninklike Australiese Vloot uit 43 oorlogskepe, insluitende torpedojaers, fregatte, duikbote, patrolliebote plus 'n verdere 4 nie-gekommandeerde hulpskepe. Skepe wat opgekommandeer is, word met die voorvoegsel HMAS (Haar Majesteit se Australiese Skip) benoem.Frame 2004, p. 96.

Die vloot beskik oor twee primêre basisse:

Vlootbasis-Oos, geleë op HMAS Kuttabul, Sydney; en Vlootbasis-Wes, geleë op HMAS Stirling, naby Perth.

Daarbenewens is drie ander basisse die tuiste van die meerderheid van die Koninklike Australiese Vloot se kleiner oorlogskepe:

HMAS Cairns, by Cairns; HMAS Coonawarra, by Darwin; en HMAS Waterhen, by Sydney.

VaartuieBeeldKlas/naamTipeAantalDiensaannameDetailsenter|150x150px|HMAS Collins, Collins classCollins-klasDuikboot62000Teenskip, intelligensieversameling. Diesel-elektries aangedrewe.senter|150x150px|HMAS Canberra, Canberra classCanberra-klasHelikopter-landingsdok22014Amfibiese oorlogvoering.senter|149x149px|HMAS HobartHobart-klasTorpedojaer1 (2)2017Lugoorlogvoering, torpedojaersenter|150x150px|HMAS Perth, Anzac classAnzac-klasFregat81996Teenduikboot- en teenvliegtuig-fregat met 1 helikopter.senter|150x150px|HMAS Newcastle, Adelaide-klasAdelaide-klasFregat21985Algemene doel-geleidemissiel fregat met 2 helikopters.senter|150x150px|HMAS Broome, Armidale-klasArmidale-klasPatrollieboot132005Kusverdediging, maritieme grenspatrollie, visserybeskermingsenter|150x150px|HMAS Yarra, Huon-klasHuon-klasMynveër61997Mynopruimsenter|150x150px|HMAS Leeuwin, Leeuwin classLeeuwin-klasOpmetingskip22000Hidrografiese ondersoekesenter|150x150px|HMAS Benalla, Paluma classPaluma-klasOpmetings-lanseerder41989Hidrografiese ondersoekesenter|150x150px|HMAS Choules FBE 2014HMAS Choules(Bay-klas)Skiplandingsdok12011Swaar seehyskraan en transportsenter|150x150px|HMAS SuccessHMAS Success(Durance-klas)Bevoorradingskip11986senter|150x150px|HMAS SiriusHMAS SiriusBevoorradingskip12006

Personeel duimnael|'n Vroulike Australiese vlootoffisier. Teen Junie 2011 het die KAV 14 215 permanente voltydse personeel, 161 gapingjaarpersoneel en 2 150 reserwepersoneel gehad. Die permanente lede het bestaan uit 3 357 offisiere met 10 697 personeel op bystand. In Junie 2010 was 82% van die permanente voltydse magte manlik, terwyl vroulike personeel 18% uitgemaak het. Die vloot het die hoogste persentasie vroue in die Australiese Weermag, in vergelyking met die Australiese Lugmag se 17.8% en die leër se 9.7%.duimnael|Koninklike Australiese Vloot matrose in 2010

Verwysings

Notas

Bibliografie

Eksterne skakels

Koninklike Australiese Vloot webblad Historiese aanbieding van RAN-skepe Maritimequest Koninklike Australiese Vloot fotogallery Biografieë van senior beamptes van die Koninklike Australiese Vloot Koninklike Australiese Vloot in die Tweede Wêreldoorlog, Veldslae, Skeepsverliese

Kategorie:Australië Kategorie:Vlote