duimnael|Ignatius Die Jesuïete (Societas Jesu) is 'n Roomskatolieke orde wat in 1540 deur die Baskiese edelman Ignatius van Loyola gestig is. Die huidige pous Fransiscus behoort tot hierdie orde.

Soos ander religieuse ordes lê die lede 'n gelofte van armoede, kuisheid en gehoorsaamheid af en predik hulle en verleen die sakramente. Hulle reis ook soos ander ordes na ander lande as missionarisse. 'n Belangrike verskil met ander ordes is dat hulle omtrent 10 jaar na hulle stigting begin het om lekestudente te onderrig. Dit het geen ander orde voor hulle gedoen nie. Hulle het ook digters, astronome, argitekte, antropoloë en ondernemers in die toneelwêreld geword.The Jesuits: A History from Ignatius to the Present Rowman & Littlefield, 2014, ,

Tydlyn 1491 - Geboorte van Ignatius van Loyola 1521 - Slag van Pamplona. Ignatius raak gewond en dit begin sy bekering. 1534 - Ignatius en ses ander studente van die Universiteit van Parys lê die gelofte af om na Jerusalem te gaan 1540 - Amptelike goedkeuring van die Societas Jesu deur pous Paulus III 1542 - Francis Xavier kom in Indië aan. 1547 - Portugese Jesuïete bereik Brasilië 1548 - Jesuïete open hulle skool in Messina, Italië 1556 - Ignatius sterf in Rome 1558 - Die Eerste Algemene Kongregasie keur die Konstitusies goed. Diego Laínez word Igantius se opvolger 1583 - Die Jesuïete Matteo Ricci en Michele Ruggieri bereik China 1614 - Jesuïete en ander missionarisse word uit Japan geban. Die Monita Secreta word gepubliseer 1622 - Ignatius en Xavier word gekanoniseer. 1704 - Pous Clemens XI veroordeel die Chinese Rites. 1754 - Die oorlog van die sewe reduksies breek uit. 1759 - Die Jesuïete word uit Portugal en sy kolonieë verdryf 1764 - Die Jesuïete in Frankryk word deur Lodewyk XV onderdruk 1767 - Die Jesuïete word in Spanje en sy kolonieë onderdruk en hulle besittings in beslag geneem 1773 - Pous Clemens XIV onderdruk die orde wêreldwyd in Dominus ac Redemptor. 1801 - Pous Pius VII erken die bestaan van die orde in Rusland, Catholicae fidei. 1814 - Pius VII herstel die orde wêreldwyd in Sollicitudo omnium ecclesiarum. 2013 - Die Jesuïet Jorge Mario Bergoglio word as pous Franciskus die eerste Jesuïete-pous.

Verwysings

Kategorie:Rooms-Katolieke Kerk