WASP-12 is ’n geeldwergster sowat 1 300 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Koetsier. Dit het ’n skynbare magnitude van 11 en min of meer dieselfde massa en radius as die Son. Sy planeet, WASP-12b, het ’n retrograde wentelbaan. Twee rooidwerg-metgeselle is om WASP-12 waargeneem. Albei is van spektraaltipe M3V en is net 38% en 37% van die Son se grootte.

Planeetstelsel In 2008 is die eksoplaneet WASP-12b in ’n wentelbaan om die ster ontdek met behulp van die oorgangsmetode. Die planeet se groot verhouding tussen koolstof en suurstof dui daarop dat rotsplanete moontlik in die stelsel gevorm het; dit kan ’n koolstofplaneet wees (wat meer koolstof as suurstof bevat)..

Verwysings

Eksterne skakels WASP-12b in oorgang (ligkurwe) 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:G-tipe hoofreekssterre Kategorie:Planetêre stelsels Kategorie:Koetsier (sterrebeeld) Kategorie:2MASS-voorwerpe Kategorie:Veelvoudige sterre