duimnael|links|250px|Die radiale snelheid van WASP-4, wat deur die teenwoordigheid van WASP-4b beïnvloed word.
WASP-4b is ’n eksoplaneet sowat 880 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Feniks wat in 2007 in Suid-Afrika ontdek is.
Beskrywing Die planeet wentel om die ster WASP-4 en is in Oktober 2007 ontdek deur middel van die oorgangsmetode. Die massa en radius dui aan dit is ’n planeet soortgelyk aan Jupiter, dus ’n gasreus. WASP-4b is naby genoeg aan sy ster sodat dit as ’n warm Jupiter geklassifiseer kan word. Dit het ’n atmosferiese temperatuur van sowat 1 650 K.
Die planeet is in Suid-Afrika ontdek met kameras van die WASP-projek. Ná sy ontdekking is die massa van WASP-4b bepaal deur die radiale snelheid van WASP-4 te meet, en dit het bevestig die voorwerp wat die oorgang veroorsaak het, is ’n planeet.
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Eksoplanete ontdek deur WASP Kategorie:Feniks (sterrebeeld)