Sosiale konstruksionisme is 'n teorie van kennis in die sosiologie en die kommunikasiekunde wat die ontwikkeling van gesamentlike gekonstrueerde begrip oor die wêreld (wat die basis vorm van ons gedeelde aannames oor die werklikheid), ondersoek. Die teorie fokus op die idee dat betekenisse ontwikkel word in koördinasie met ander, eerder as afsonderlik binne elke individu. Leeds-Hurwitz, W. (2009). Social construction of reality. In S. Littlejohn, & K. Foss (Eds.), Encyclopedia of communication theory. (pp. 891). Thousand Oaks, CA: SAGE Publications, Inc.
Sosiale konstruksionisme vra wat word deur mense en samelewing gedefinieer as die werklikheid. Daarom kan sosiale konstrukte anders wees op grond van die samelewing en die gebeure rondom die tydperk waarin hulle bestaan. 'n Voorbeeld van 'n sosiale konstruksie is geld of die konsep van 'n geldeenheid, aangesien mense in die samelewing ingestem het om daaraan belangrikheid en waarde te heg. Nog 'n voorbeeld van 'n sosiale konstruksie is die konsep van self/selfidentiteit. Charles Cooley het gebasseer op sy soekglas-self-teorie gesê: "Ek is nie wie jy dink ek is nie, wie ek dink ek is nie; maar wie ek dink jy dink ek is." Dit wys hoe mense in die samelewing idees of konsepte konstrueer wat nie eers mag bestaan sonder die bestaan van mense of taal om daardie begrippe te bevestig nie.
Daar is swak en sterk sosiale konstrukte. Swak sosiale konstrukte maak staat op brutale feite (wat fundamentele feite is wat moeilik is om te verduidelik of te verstaan, soos kwarke) of institusionele feite (wat uit sosiale konvensies gevorm word). Sterk sosiale konstruksies maak staat op die menslike perspektief en kennis wat nie bestaan nie, maar eerder deur die samelewing opgebou word.
Bronnelys Books Boghossian, P. Fear of Knowledge: Against Relativism and Constructivism. Oxford University Press, 2006. Online review: Fear of Knowledge: Against Relativism and Constructivism Berger, P. L. and Luckmann, T., The Social Construction of Reality : A Treatise in the Sociology of Knowledge (Anchor, 1967; ). Best, J. Images of Issues: Typifying Contemporary Social Problems, New York: Gruyter, 1989 Burr, V. Social Constructionism, 2nd ed. Routledge 2003. Ellul, J. Propaganda: The Formation of Men's Attitudes. Trans. Konrad Kellen & Jean Lerner. New York: Knopf, 1965. New York: Random House/ Vintage 1973 Ernst, P., (1998), Social Constructivism as a Philosophy of Mathematics; Albany, New York: State University of New York Press Gergen, K., An Invitation to Social Construction. Los Angeles: Sage, 2015 (3d edition, first 1999).
Artikels Drost, Alexander. "Borders. A Narrative Turn – Reflections on Concepts, Practices and their Communication", in: Olivier Mentz and Tracey McKay (eds.), Unity in Diversity. European Perspectives on Borders and Memories, Berlin 2017, pp. 14–33.
Mallon, R, "Naturalistic Approaches to Social Construction", The Stanford Encyclopedia of Philosophy, Edward N. Zalta (ed.).
Shotter, J., & Gergen, K. J., Social construction: Knowledge, self, others, and continuing the conversation. In S. A. Deetz (Ed.), Communication Yearbook, 17 (pp. 3–33). Thousand Oaks, CA: Sage, 1994.
Verwysings
Kategorie:Filosofie