Michel Serres (Agen, 1 September 1930) is 'n Franse filosoof en wetenskap historikus. Sy eerste werke het hoofsaaklik gefokus op die probleem van rasionaliteit en vooruitgang in die wetenskappe en die gevolge daarvan. Sy vroeë Hermès-reeks het hoofsaaklik gefokus op die rol van kommunikasie, en kan in 'n sin binne (wiskundige) strukturalisme geplaas word. 'n Sentrale metafoor wat hy gebruik, is dié van die boodskapper, hoofsaaklik gesimboliseer deur Hermes, die Griekse god van handel en verkeer. In latere werke gebruik hy ook die metafoor van die engele.
Vanaf die 1980's was daar egter 'n verskuiwing in Serres se werk. Terwyl hy in sy vroeëre werke hoofsaaklik 'n soort kommentaar op ander skrywers ontwikkel het, het hy later sy eie konsepte ontwikkel. Hy beperk hom nie net tot wetenskaplike teorieë nie, maar ook op literatuurontledings en mites.
Serres is ook 'n entoesiastiese voorstander van die vrye verspreiding van kennis en is ook in sy lewe baie positief oor Wikipedia. "Quand l'académicien Michel Serres valide Wikipedia", besoek op 22 Junie 2014.
Denke Die doktorsgraad van Serres, Le Système de Leibniz et ses modèles mathematiciques (1968), het oor die werk van Gottfried Leibniz gehandel en kan steeds binne die wiskundefilosofie geplaas word. Hy fokus egter ook op die rol van kommunikasie en verbind die werk met kontemporêre konsepte van die inligtingsteorie. Hierdie tema is ook teenwoordig in die Hermès-reeks. Volgens Serres moet kommunikasie altyd verstaan word met betrekking tot die agtergrond van geraas. Kommunikasie bestaan dan hoofsaaklik uit die uitskakeling van hierdie geraas. Meer konkreet is daar dus 'n operasie nodig om die oordrag van die boodskap te verseker, 'n proses wat Serres as 'vertaling' beskryf. Hierdie konsep was ook veral invloedryk in die werk van skrywers soos Michel Callon en Bruno Latour.
Serres se oeuvre gaan verder as bloot die konvensionele geskiedenis van die wetenskap en hy het ook werke geskryf oor die wetenskapfiksie skrywer Jules Verne, oor die betekenis van musiek en oor die fabels deur Jean de La Fontaine. Serres volg nie die klassieke onderskeid tussen wetenskap aan die een kant en godsdiens en mite aan die ander kant nie. Byvoorbeeld, in die derde deel van Hermès sê hy: "Daar is geen groter mite as die idee van 'n wetenskap vry van alle mites nie." « Il n’est de pur myth que l’idée d'une science pure de tout mythe ». , Hermès III, la traduction, Parijs, Ed. de Minuit, 1974, p. 259. Hiermee gaan hy ook teen die dominante interpretasie van wetenskapsfilosofie en geskiedenis in Frankryk, met skrywers soos Gaston Bachelard, wat in die eerste plek van so 'n onderskeid begin. Serres blameer hulle ook vir die verwaarlosing van die verhoudings tussen wetenskap en ander verskynsels, soos die reg, geweld en musiek. Hy probeer dit altyd self in sy werk doen.
Uit werke soos Le Parasite (1980) en Genèse (1982) sien mens ook 'n oorgang na die werk van suiwer kommentaar oor ander outeurs, na die ontwerp van eie konsepte en teksinterpretasies. Baie van sy werke vertrek dus van sekere konkrete mites, verhale of metafore wat op 'n baie beskrywende manier verder uitgewerk word. Serres weier egter om 'n soort finale interpretasie van hierdie mites te gee, asof daar 'n soort metataal is waarin die betekenis daarvan definitief uitgespreek kan word. Hy kombineer dikwels wetenskaplike teorieë en literêre werke of mites. Byvoorbeeld, in La Naissance de la physique dans les texte de Lucrèce (1977) herinterpreteer hy Lucretius se werk deur hedendaagse teorieë oor vloeimeganika te gebruik.
Bibliografie 1968 : Le Système de Leibniz et ses modèles mathématiques 1969 : Hermès I, la communication 1972 : Hermès II, l'interférence 1974 : Hermès III, la traduction 1974 : Jouvences. Sur Jules Verne 1975 : Auguste Comte. Leçons de philosophie positive (redactie) 1975 : Esthétiques sur Carpaccio 1975 : Feux et signaux de brume. Zola 1977 : Hermès IV, La distribution 1977 : La Naissance de la physique dans le texte de Lucrèce 1980 : Hermès V, Le passage du Nord-ouest 1980 : Le Parasite 1982 : Genèse 1983 : Détachement 1983 : Rome. Le livre des fondations 1985 : Les Cinq Sens 1987 : L'Hermaphrodite 1987 : Statues 1989 : Éléments d'histoire des sciences 1990 : Le Contrat naturel 1991 : Le Tiers-instruit 1991 : Discours de réception de Michel Serres à l'Académie française et réponse de Bertrand Poirot-Delpech 1992 : Éclaircissements (gesprekke met Bruno Latour) 1993 : La Légende des Anges 1993 : Les Origines de la géométrie 1994 : Atlas 1995 : Éloge de la philosophie en langue française 1997 : Nouvelles du monde 1997 : Le trésor. Dictionnaire des sciences 1997 : À visage différent 1999 : Paysages des sciences 2000 : Hergé, mon ami 2001 : Hominescence 2002 : Variations sur le corps 2002 : Conversations, Jules Verne, la science et l'homme contemporain, Première version 2003 : L'Incandescent 2003 : Jules Verne, la science et l'homme contemporain 2004 : Rameaux 2006 : Récits d'humanisme 2006 : L'Art des ponts 2006 : Petites chroniques du dimanche soir 2006 : L'Art des ponts : homo pontifex 2007 : Le Tragique et la Pitié. Discours de réception de René Girard à l'Académie française et réponse de Michel Serres 2007 : Petites chroniques du dimanche soir 2 2007 : Carpaccio, les esclaves libérés 2008 : Le Mal propre : polluer pour s'approprier ? 2008 : La Guerre mondiale 2009 : Écrivains, savants et philosophes font le tour du monde 2009 : Temps des crises 2009 : Van Cleef et Arpels, Le Temps poétique (met Franco Cologni en Jean-Claude Sabrier) 2009 : Petites chroniques du dimanche soir 3 2010 : Biogée 2011 : Musique 2012 : Petite Poucette 2012 : Andromaque, veuve noire 2013 : Jules Verne aujourd'hui – Conversations avec Jean-Paul Dekiss 2013 : L'art des ponts : homo pontifex 2013 : Variations sur le corps 2013 : Les Temps nouveaux 2014 : Pantopie, de Hermès à Petite Poucette (met Martin Legros en Sven Ortoli) 2014 : Petites Chroniques du dimanche tome VI 2014 : Yeux 2015 : Le gaucher boiteux : puissance de la pensée
Verwysings
Bron Hierdie artikel is vertaal vanuit die Nederlandse Wikipedia
Eksterne skakels
Kategorie:Franse filosowe Kategorie:Franse geskiedkundiges Kategorie:Filosowe in die 20ste eeu Kategorie:Filosowe in die 21ste eeu Kategorie:Geboortes in 1930 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Sterftes in 2019