duimnael|links|Die woord "Brahui" in Nastaliq-skrif Brahui (براهوئی) is 'n Drawidiese taal wat deur sowat 2,4 miljoen mense in Pakistan, Afghanistan, Iran en Turkmenistan gepraat word. Dit is geïsoleer van die naaste Drawidies-sprekende buurbevolking van Suid-Indië deur 'n afstand van meer as 1 500 kilometer (930 myl). Brahui is die belangrikste van die Noord-Drawidiese tale en is verwant aan Malto en Kurukh, die twee noordelikste Drawidiese tale van Indië. Brahui word met die Arabiese alfabet (Nastaliq) of met die Latynse alfabet geskryf. Quetta vorm die belangrikste sentrum van Brahuisprekendes in Pakistan. Brahui toon 'n sterk invloed deur aangrensende, maar nie verwante Irannese tale, waaronder veral Beloetsji.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Drawidiese tale Kategorie:Tale van Afghanistan Kategorie:Tale van Iran Kategorie:Tale van Pakistan Kategorie:Tale van Turkmenistan Kategorie:Tale van Irak Kategorie:Ernstig bedreigde tale