Rami Malek (gebore 12 Mei 1981) is ’n Amerikaanse akteur en vervaardiger. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente The Master (2012), Short Term 12 (2013), en Need for Speed (2014), en in die televisiereeks Mr. Robot (2015). In 2019 het hy vir sy rol as Freddie Mercury in die 2018-rolprent Bohemian Rhapsody ’n Oscar, Golden Globe, Screen Actors Guild Award en Bafta vir beste akteur gewen.
Vroeë lewe
Malek is op 12 Mei 1981 in Los Angeles gebore vir Egiptiese immigrantouers, Said Malek en Nelly Abdel-Malek.
Hy het ook al beweer ’n agtste van sy oorsprong is Grieks-Egipties. Sy ouers het in 1978 uit Kaïro getrek nadat sy pa, ’n toergids, geïnteresseerd geraak het in sy besoekers uit die Weste. Sy pa het in Amerika versekering begin verkoop en sy ma is ’n rekenmeester.
Malek is in die Kopties-Ortodokse Kerk grootgemaak en het tot op vierjarige ouderdom Egiptiese Arabies by die huis gepraat. Hy het ’n identiese tweelingbroer, ’n onderwyser, en ’n ouer suster, ’n dokter.
Nadat hy in 1999 skool voltooi het, het hy teaterdrama aan die Universiteit van Evansville in Indiana studeer en in 2003 ’n BA-graad ontvang.
Filmografie Rolprente 2006: Night at the Museum 2006: Night at the Museum: Battle of the Smithsonian 2011: Larry Crowne 2012: Battleship 2012: The Master 2013: Ain't Them Bodies Saints 2013: Short Term 12 2013: Oldboy 2014: Need for Speed 2014: Da Sweet Blood of Jesus 2014: Night at the Museum: Secret of the Tomb 2016: Buster's Mal Heart 2017: Papillon 2018: Bohemian Rhapsody (rolprent) 2019: The Voyage of Doctor Dolittle 2021: The Little Things
Televisiereekse 2004: Gilmore Girls 2005: Over There 2005: Medium 2005: The War at Home 2010: 24 2010: The Pacific 2012: Alcatraz 2010: The Legend of Korra 2014: Believe 2015: Mr. Robot 2017: Bojack Horseman Video's 2007: Historical Threads: The Costumes of ’night at the Museum' 2013: Back Beyond 2015: Night at the Museum: Secret of the Tomb - A Day in the Afterlife 2016: Mr. Robot: M4k1ng_0f_Mr_R0b0t.m0v''
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Geboortes in 1981 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu