Openbare vakansiedae in Bhoetan bestaan uit beide nasionale vakansiedae en plaaslike feeste bekend as tshechu's. Nasionale vakansiedae word oor die hele Bhoetan gevier, maar tsechu's net in spesifieke gebiede. Die land gebruik sy eie kalender, ’n weergawe van die Tibettaanse kalender. Omdat dit ’n maansonkalender is, wissel die datums van sommige nasionale vakansiedae en die meeste tshechu's van jaar tot jaar. Nuwejaar, Losar, word byvoorbeeld gewoonlik tussen Februarie en Maart gevier.

Nasionale vakansiedae Bhoetan het 16 openbare vakansiedae. Bhoetanese vakansiedae is gewortel in die Drukpa-linie van Kagyu-Boeddhisme, die Huis van Wangchuck en die Tibettaanse kalender. Selfs sekulêre vakansiedae het ’n mate van godsdienstige ondertone, omdat godsdienschoreografie en seëninge deel daarvan uitmaak.

Wintersonstilstand Nyinlong of Nyilong (Dzongkha: ཉིན་ལོང་, Wylie: nyin long; "terugkeer van die son"), die viering van die wintersonstilstand, val elke jaar op 2 Januarie. Nyinlog word beskou as die gunstigste dag van die jaar. Dit word soos Nuwejaar gevier deur sommige Wes-Bhoetanese, maar nog meer in die sentrale en oostelike streke, waar die kortste dag van die jaar herdenk word met boogskiet en feesvierings.

Tradisionele Offerandedag Tradisionele Offerandedag (Dzongkha: buelwa phuewi nyim) val gewoonlik in Januarie of Februarie, op die eerste dag van die 12de maand van die kalender. Die hoofdoel van die vakansiedag is om dank te betuig teenoor shabdrung Ngawang Namgyal, die stiger van Bhoetan. Dit fokus ook op welsyn, veral om aan ander kos te gee, en vermaak. Die dag word gevier met feesviering en tradisionele sport, insluitende boogskiet en veerpyltjies. Dié vakansiedag het moontlik begin as ’n Bhoetanese nuwejaarsviering.

Losar Losar (Dzongkha: ལོ་གསར་, Wylie: lo gsar), Nuwejaar, word tussen Februarie en Maart gevier: amptelik op die eerste dag van die 12de maand van die kalender. Feeste duur 15 dae en die dae vooraf word grootliks bestee aan die voorbereiding van die kos en alkohol en die weggooi van ou of ongebruikte voorwerpe. In Bhoetan vier verskillende gemeenskappe die dag op effens verskillende tye en word daarna verwys volgens ’n spesifieke plaaslike naam. Die algemene groet op Losar is "tashi delek".

Verjaarsdag van Koning Jigme Khesar Namgyel Wangchuck 21 tot 23 Februarie is vakansiedae waarop die verjaarsdag van koning Jigme Khesar Namgyel Wangchuck, die vyfde en huidige Druk Gyalpo, gevier word.

Shabdrung Kurchoe Shabdrung Kurchoe gedenk die heengaan van shabdrung Ngawang Namgyal in 1651 by Punakha-dzong. Dit is gewoonlik in April of Mei (die 10de dag van die vierde maand). Dit is ’n landwye roudag.

Verjaarsdag van Koning Jigme Dorji Wangchuck 2 Mei is die verjaarsdagviering van koning Jigme Dorji Wangchuck (gebore 1928, Trongsa), die derde Druk Gyalpo, wat Bhoetan se eerste treë na modernisering gegee het.

Kroning van Koning Jigme Singye Wangchuck 2 Junie is die viering van die kroning van koning Jigme Singye Wangchuck, die vierde Druk Gyalpo (1974). Dit is ook Sosiale Bosboudag, wanneer kinders bome plant.

Parinirvana van die Boeddha 15 Junie is Parinirvana-dag, waarop die nirwana van Gautama Boeddha gevier word.

Verjaarsdag van Ghoeroe Rinpoche 10 Julie is die verjaarsdagviering van ghoeroe Rinpoche (ook bekend as Padmasambhava), die heilige wat Boeddhisme in die 8ste eeu aan Bhoetan bekend gestel het.

Eerste Preek van die Boeddha 3 Augustus is die herdenking van die eerste preek van Gautama Boeddha by Sarnath.

Geseënde Reëndag Geseënde Reëndag (Dzongkha: thruebab) val gewoonlik in September en word op ’n gunstige dag tydens die moesonseisoen gehou. Dit is onlangs heringestel nadat dit ’n tyd nie gevier is nie. Daar word feesgevier, alkohol gedrink, sport beoefen en gereinig deur te was.

Dashain Dashain, die belangrikste Nepalese en Hindoefees, val op 6 Oktober. Huise word skoongemaak en opgeknap, geskenke uitgedeel en familiebyeenkomste gehou.

Kroning van Koning Jigme Khesar Namgyel Wangchuck 1 November is die kroningsdag van die huidige koning.

Verjaarsdag van Koning Jigme Singye Wangchuck 11 November is die verjaarsdagviering van koning Jigme Singye Wangchuck, die vierde Druk Gyalpo (gebore 1955, Dechencholing-paleis, Thimphu). Dit word ook Grondwetdag genoem; onder dié koning is die land se grondwet opgestel.

Lhabab Duchen Lhabab Duchen val gewoonlik in November (op die 22ste dag van die negende maand). Dit vier Gautama Boeddha se terugkeer na die aarde nadat hy nirwana verkry het. In die oostelike streke van Bhoetan is dit die tyd vir Lhasoel, godsdienstige offerandes in die vorm van ’n tradisionele wyn, seëninge en smeekbedes.

Nasionale Dag Bhoetan se Nasionale Dag is op 17 Desember. Dit was die dag waarop Ugyen Wangchuck as die moderne Bhoetan se eerste Druk Gyalpo (koning) gekroon is. Feesvierings word by die Changlimithang-stadion gehou en sluit ’n toespraak deur die Druk Gyalpo in, asook ’n optog met onder meer ’n standbeeld van Ugyen Wangchuck.

Tsechu's duimnael|250px|Opening van die tweede feesdag, Paro. duimnael|250px|Dans van die Meester van die Dood, Paro. duimnael|250px|Gemaskerde dansers, Wangdue Phodrang-tsechu. duimnael|250px|Die Thimphu-tsechu. duimnael|250px|Dans met swaarde, Paro-tsechu.

Talle tsechu's, of plaaslike feeste, vind vir tot vyf dae plaas op verskillende plekke in Bhoetan. Dit sluit gewoonlik grootskaalse vertoon en kostuums in, asook allegoriese danse, boogskiet en musiek. Hierdie feeste is eeue oue tradisies wat nie net ’n skakel met die verlede vorm nie, maar ook talle toeriste lok.

Hier onder is ’n lys van groot tsechu's in Bhoetan, saam met hul datums in 2011. Datums in ander jare sal wissel.

+ Tsechu-datums (2011) Datum Tsechu Plek 2-4 Januarie Trongsa-tsechu Trongsa 2-4 Januarie Lhuntse-tsechu Lhuntse 2-4 Januarie Pemagatshel-tsechu Pemagatshel 9 Januarie Shingkhar Metochodpa Bumthang 9-13 Januarie Nabji Lhakhang Drup Trongsa 10-15 Februarie Punakha Dromache &-tsechu Punakha 17-21 Februarie Tangsibi Mani Bumthang 18 Februarie Chorten Kora Trashiyangtse 18 Februarie Tharpaling Thongdrol Bumthang 19-21 Februarie Buli Mani Chumey Bumthang Februarie–Maart(7de dag, 1ste maand) Trashiyangtse-tsechu Trashiyangtse 4 Maart Chorten Kora (2de) Trashiyangtse 13-15 Maart Gomkora Trashigang 13-15 Maart Talo-tsechu Talo, Punakha 13-16 Maart Zhemgang-tsechu Zhemgang 15-19 Maart Paro-tsechu Paro 17-19 Maart Chhukha-tsechu Chukha 1-3 April Gaden Chodpa Ura, Bumthang 12-14 Mei Domkhar-fees Chhume, Bumthang 14-18 Mei Ura Yakchoe Ura, Bumthang 19-21 Junie Padsel–Ling Kuchod Bumthang Junie Laya Bumkhosa-fees (Bongkor) Laya 8-10 Julie Nimalung-tsechu Bumthang 9-10 Julie Alpe Ha, Haa 10 Julie Kurjey-tsechu Bumthang 29 Julie Gangte Kurim Gangte, Wangdue Phodrang 1-5 Oktober Thimphu Drupchen Thimphu 4-6 Oktober Wangdue-tsechu Wangdue Phodrang 4-6 Oktober Gangte Drubchen & Tsechu Gangte, Wangdue Phodrang 6-8 Oktober Tamshingphala Choepa Bumthang 6-8 Oktober Gasa-tsechu Gasa 6-8 Oktober Thimphu-tsechu Thimphu 10-12 Oktober Thangbi Mani Bumthang 1-5 November Shingkhar Rabney Ura, Bumthang 3-6 November Jakar-tsechu Jakar, Bumthang 10-14 November Jambay Lakhang Drup Bumthang 11-13 November Prakhar Duchoed Bumthang 12 November Swartnekkraanvoëlfees Gangte, Wangdue Phodrang 22-25 November Sumdrang Kangsol Ura, Bumthang 2-5 Desember Trashigang-tsechu Trashigang 2-5 Desember Mongar-tsechu Mongar 3-4 Desember Tang Namkha Rabney Tang Bumthang 10 Desember Singye Cham, Jambay Lhakhang Bumthang 10-12 Desember Nalakhar-tsechu Bumthang 10-13 Desember Chojam Rabney Tang Bumthang

Verwysings

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Kultuur in Bhoetan Bhoetan