Dasho Tshering Wangchuk is 'n Bhoetanese juris wat in 2018 as hoofadviseur van die tussentydse regering van Bhoetan gedien het, na aanleiding van sy ontbinding ter voorbereiding van die nasionale vergadering se verkiesings. Hy is ook die hoofregter van Bhoetan wat in November 2014 aangestel is.
Loopbaan Dasho Tshering Wangchuk het 'n meestersgraad in die regte van die George Washington Universiteit, en nog 'n regsgraad van die Universiteit van Delhi. Wangchuk het in 1987 sy loopbaan begin as 'n regsbeampte en het aanvanklik as 'n leerling gedien vir regters in die hooggeregshof. Van 1990 tot 1995 was hy 'n tweede luitenant in die Bhoetanse Koninklike Leër. Hy het van 1993 tot 1999 as regterlike beampte in die hooggeregshof gedien. Van 2006 tot 2010 het hy in Samdrup Jongkhar gedien as distrik regter. In 2010 is hy bevorder tot die regter van die hooggeregshof. In November 2014 is hy deur koning Jigme Khesar Namgyel Wangchuck as hoofregter van die land aangestel.
Hoofadviseur Op 1 Augustus 2018 is Bhoetan se laerhuis ontbind ter voorbereiding vir algemene verkiesings. Op 9 Augustus het die koning 'n tussentydse regering aangestel, onder leiding van Wangchuk as hoofadviseur. Op 11 Augustus is lede van die tussentydse regering portefeuljes toegewys. Wangchuk was verantwoordelik vir die ministeries van Binnelandse Sake, Kultuursake en Buitelandse Sake.
Verwysings
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Bhoetanese Kategorie:Politici Kategorie:Regters Kategorie:Geboortes in die 20ste eeu Kategorie:Lewende mense