Gert Jan Maarten (Gert-Jan) Segers (gebore op 9 Julie 1969 in Lisse) is 'n Nederlandse politikus van die ChristenUnie.
Hy was van 2012 tot 2023 'n lid van die Tweede Kamer van die Stategeneraal gewees en van 2015 tot 2023 ook die parlementêre en politieke leier van die ChristenUnie.
Segers het politieke wetenskap aan die Universiteit van Leiden gestudeer. Hy het ook aan die Johns Hopkins-universiteit gestudeer.
Die burgemeester van Molenlanden, Theo Segers, is sy neef.
Eksterne skakels www.parlement.com
Kategorie:Geboortes in 1969 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lede van die Tweede Kamer van die Stategeneraal Kategorie:Nederlandse joernaliste Kategorie:Nederlandse skrywers