Gatman (Portugees: índio do buraco) is ’n bynaam wat amptenare en die media gebruik om ’n man te beskryf wat inheems aan Brasilië is en alleen in die Amasonereënwoud woon. Hy is vermoedelik die laaste oorblywende lid van sy stam."The last of his tribe" deur Fiona Watson; survivalinternational.org Dit is onbekend watter taal hy praat en wat sy stam genoem is.6 Isolated Groups Who Had No Idea That Civilization Existed deur C. Coville; 17 Augustus 2012; cracked.com

Naam Die Gatman se naam kom van die feit dat ’n diep gat gevind word in elke blyplek wat hy agterlaat. Oorspronklik is geglo die gate is gebruik om diere te vang of in weg te kruip,Man in the Hole: lone survivor of Amazon tribe hunted by Brazilian ranchers; 11 Desember 2009; telegraph.co.ukThe Most Isolated Man on the Planet deur Monte Reel; 2010; slate.com maar sommige waarnemers meen ook dit het ’n spirituele betekenis vir sy ou stam gehad. Die gate is nou en meer as 1,8 meter diep.

Hy is ook al genoem: die inheemse man in die gat die Man in die Gat die Laaste Een van Sy Stam die Laaste StamlidThe Last Tribesman by Brent Swancer; 20 Junie 2014; mysteriousuniverse.org die Eensaamste Man op Aarde die eensame oorlewende

Biografie Ander mense het in 1996 die eerste keer bewus geword van die Gatman se geïsoleerde bestaan. Die res van die stam is moontlik in die 1980's en 1990's in ’n aantale botsings met veeboere en houtkappers vermoor. Volgens een kenner "behoort hy nie beskou te word as ’n kluisenaar wat van die gemeenskap wegkruip nie. Die man is die oorlewende van ’n volksmoord. Hy het nie gekies om alleen te lewe nie." In 2007 het Brasilië se Nasionale Indiaanse Stigting (Funai) "’n grondgebied van 8 000 ha om hom buite perke vir oortreders en ontwikkelaars verklaar". Die gebied is later met 3 000 ha vergroot. Brasilië se grondwet het reeds in 1988 regte aan inheemse volke gegee tot grond wat hulle tradisioneel bewoon het.

Sedert die stigting van die reserwe monitor Funai hom en probeer keer dat sy gebied betree word. Desondanks is die Gatman in 2009 deur gewapende mans aangeval, maar hy het oorleef."Amazon's 'man of the hole' attacked by unknown gunmen" deur Rory Carroll; 9 Desember 2009; theguardian.comAmazon's 'man of the hole' attacked by unknown gunmen; 10 Desember 2009; indiancountrytodaymedianetwork.com

Hoewel hy kontak met ander vermy, is die Gatman bewus daarvan dat Funai hom monitor. Die stigting los soms vir hom gereedskap en saad en so het hulle ’n "mate van vertroue opgebou". Hy beduie soms vir die spanne om lokvalle te vermy wat hy vir sy verdediging of as vangstrikke vir diere gestel het. In 2018 het Funai ’n video van hom uitgereik om wêreldwye bewustheid te skep oor die bedreigings vir die geïsoleerde volke in Brasilië. In die video lyk die man, wat vermoedelik nou in sy 50's is, gesond.

Verwysings

Eksterne skakels "The Man of the Hole"; New Scientist; video 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Demografie van Brasilië Kategorie:Etniese groepe in Brasilië Kategorie:Geïsoleerde volke Kategorie:Indiane Kategorie:Lewende mense Kategorie:Ongeïdentifiseerde mense