Millau (Oksitaans: Milhau) is 'n stad en onderprefektuur in die Suid-Franse département Aveyron (regio Midi-Pyrénées) met 'n oppervlakte van 168,23 vierkante kilometer en 22 013 inwoners (2009). Die stad lê in die vallei van die Tarnrivier, wat hier in die Dourbie uitmond.

Geografie duimnael|center|300px

Besienswaardighede Die ravyne van die riviere Tarn, Dourbie en Jonte, die rotsdoolhof van Montpellier le Vieux, die grot Aven Armand en die Parc naturel régional des Causses is die belangrikste natuurlike besienswaardighede.

Naas Cabrières, die kasteel van die sopraan Emma Calvé, wat in 1942 in Millau oorlede is, is die Millau-brug (Frans: Viaduc de Millau), die hoogste ter wêreld, die bekendste mensgemaakte besienswaardighede van Millau.

Sport Die omgewing van Millau word as een van die mooiste gebiede vir sweefvliegsport-entoesiaste in Europa beskou.

Eksterne skakels

Die amptelike webwerf van Millau

Kategorie:Nedersettings in Oksitanië