Nederalemannies (Nederalemanniese Duits: Niederalemannisch) is 'n tak van die Alemanniese dialekte en behoort tot die Duitse taal, al is onderlinge verstaanbaarheid met Standaardduits en ander nie-Alemanniese Duitse dialekte baie beperk. Dit kom Noord van die k/ch isoglos voor wat dit van Hoogalemannies skei.

Indeling Nederalemannies word verdeel in twee subgroepe: Bodensee-Alemannies (Duits: Bodenseealemannisch) en Oberrhein-Alemannies (Duits: Oberrheinalemannisch):

Bodenseealemannies Allgäuerisch (suidelik) Baar-Alemannies Suidd-Württembergies Vorarlbergies

Oberrheinalemannisch Baselduits Elsasser Duits (Mittelelsässisch) Badisch (noord van die Markgräflerland) Freiburgisch (Freiburg im Breisgau, noordelik) Iffezheimisch Rastättisch Ortenauisch Met oorsprong uit Kaiserstuhl: Alemán Coloniero (Venezuela)

Eienskappe Die eienskap wat Nederalemannies van Hoogalemannies skei is die behoud van die Duitse /k/, in byvoorbeeld kalt 'koud' teenoor Hoogalemanniese chalt.

Die eienskap wat Nederalemannies van Swabies onderskei, is die behoud van die Middel-Hoogduitse monoftonge, byvoorbeeld Huus 'hois' teenoor Swabies Hous of Ziit 'tyd' teenoor. Swabies Zejt.

Eksterne skakels Alemannic encyclopedia -Duits-

Kategorie:Opperduitse tale Kategorie:Tale van Duitsland Kategorie:Tale van Frankryk Kategorie:Tale van Switserland