Alemán Coloniero is 'n Nederalemanniese dialek wat hoofsaaklik in Colonia Tovar, Venezuela gepraat word.

duimnael|links|Alemán Coloniero Die dialek is soos ander Alemanniese dialekte vir Standaardduitssprekende mense moeilik verstaanbaar. Alemán Coloniero is die taal van die nageslagte van Duitse setlaars, wat in 1843 grotendeels uit die omgewing van Kaiserstuhl na Venezuela geïmmigreer het.

Die dialek het uit die Suid-Badiese dialek met geringe invloed uit 'n paar ander dialekte uit Suid-Duitsland, Oostenryk en Switserland ontwikkel. Die meeste sprekers was ook Spaans magtig, wat daartoe gelei het dat diverse Spaanse leenwoorde in Alemán Coloniero opgeneem is.

Alemán Coloniero word vandag selde gepraat en sal waarskynlik binne een of twee generasies uitsterf.

Verwysings

Eksterne skakels Ethnologue.com oor Alemán Coloniero "Isch alles guat" ("Dit gaan goed hier") – Luisa Müssle, 'n boerevrou van Colonia Tovar, praat in die plaaslike dialek van Colonia Tovar (Real Player-sagteware word benodig)

Kategorie:Opperduitse tale Kategorie:Tale van Venezuela