Hoogste-Alemannies (Duits: Höchstalemannisch, Alemannies: Hegschtalemannisch) is 'n tak van die Alemanniese dialekte en behoort tot die Duitse taal al is onderlinge verstaanbaarheid met Standaardduits en ander nie-Alemanniese Duitse dialekte baie beperk.
Hoogste-Alemanniese dialekte word in die Alpe in Switserland gepraat: In die Bernse Boland (Duits: Berner Oberland), in die Duitssprekende dele van die Fribourg Kanton, in die Valais (kyk Walliser Duits) en in die Walser nedersettings (meestal in Switserland maar ook in Italië en in Oostenryk; kyk Walserduits). In die Weste, die Suide en die Suidooste, word die dialekte omring deur Romaanse tale; in die Noorde, deur Hoogalemanniese dialekte.
Eienskappe Die eiesoortige eienskap van die Hoogste-Alemanniese dialekte is die gebrek aan hiaat diftongifering, byvoorbeeld 'om te sneeu', 'om te bou' teenoor Hoog-Allemaniese , . Die eienskap word verder in die onderstaande tabel geïllustreer:
Hoogste-Alemannies (Senslerdeutsch) Hoogalemannies (Bernduits) Standaardduits schnye schneie schneien (mit [aɪ]) bue boue bauen
'n Ander eienskap is die Erhalt van Deklinasie van predikatiewe byvoeglike naamwoorde:
Hoogste-Alemannies (Senslerdeutsch) Hoogalemannies (Bernduits) Standaardduits as isch schöns äs isch schön es ist schön si isch schöni si isch schön sie ist schön
Baie Hoogalemanniese dialekte het ander werkwoordeindes in die meervoud geval vir al drie persone, byvoorbeeld wir singe(n) 'ons sing', ir singet 'julle sing', si singent 'hulle sing'.
Daar is Hoogalemanniese dialekte wat die -n bewaar het wat in meeste Opperduitse dialekte laat vaar is.
Die Hoogste-Alemanniese dialekte word as die mees konserwatiewe dialekte, die wat die minste verandering as gevolg van klankverskuiwings ondergaan het, van Duits beskou. Die dialek van die Lötschental het byvoorbeeld die drie afsonderlike klasse van swak werkwoorde tot die begin van die 20ste eeu behou (soos in Ou Hoogduits).
In baie Hoogste-Alemanniese dialekte het 'n besondere meervoudsvorm van die vroulike substantiewe aangetref. Anders as in die geval van die vorige eienskappe handel dit heir nie oor 'n argaïese gebruik nie maar 'n innovasie wat moontlik ontstaan het onder die invloed van aangrensende romaanse dialekte:
enkelvoud meervoud Hoogste-Alemannies (Senslerdeutsch) a Tana zwo Tane Hoogste-Alemannies (Berner Oberländisch) e Tanne zwo Tanni Hoogalemannies (Berndeutsch) e Tanne zwo Tanne Standaardduits eine Tanne zwei Tannen
Kategorie:Opperduitse tale Kategorie:Tale van Italië Kategorie:Tale van Oostenryk Kategorie:Tale van Switserland