Tradisionele Oos-Asiatiese maansonkalenders verdeel ’n jaar in 24 sontermyne.
Guyu (tradisionele Chinees: 穀雨; vereenvoudigde Chinees: 谷雨; pinyin: gǔ yǔ) of kokuu (Japannees: 穀雨) is die sesde sontermyn en die tyd wanneer die lentereën begin val. Dit begin wanneer die son die luglengtegraad 30° bereik en eindig wanneer dit die lengtegraad 45° bereik. Dit verwys meer dikwels spesifiek na die dag wanneer die son presies op die lengtegraad 30° is.
Volgens die Gregoriaanse kalender begin dit gewoonlik omstreeks 21 April en eindig dit omstreeks 5 Mei.
Pentades Elke sontermyn word in drie pentades verdeel. Die pentades van chingming is: China Eerste pentade: Die eendekroos begin uitloop (萍始生). Tweede pentade: Die eendekroos begin uitloop (鳴鳩拂其羽). Laaste pentade: Die koekoek sit in die moerbeiboom (戴勝降于桑).
Japan Eerste pentade: Die biesies begin uitloop (葭始生; Ashi hajimete shōzu). Tweede pentade: Die ryp eindig en ryssaailinge begin groei (霜止出苗; Shimo yamite nae izuru). Laaste pentade: Die pinksterroos blom (牡丹華; Botan hanasaku).
Verwysings
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Sontermyne Kategorie:Lente