Tradisionele Oos-Asiatiese maansonkalenders verdeel ’n jaar in 24 sontermyne.
Qingming (Chinees: 清明) of seimei (Japannees: 清明) (skoon en helder) is die vyfde sontermyn. Dit begin 15 dae ná die lente-nagewening, wanneer die son die luglengtegraad 15° bereik, en eindig wanneer dit die lengtegraad 30° bereik. Dit verwys meer dikwels spesifiek na die dag wanneer die son presies op die lengtegraad 15° is.
Volgens die Gregoriaanse kalender begin dit gewoonlik omstreeks 5 April en eindig dit omstreeks 20 April.
Pentades Elke sontermyn word in drie pentades verdeel. Die pentades van chingming is: China Eerste pentade: Die Paulownia begin blom (桐始華/桐始华). Tweede pentade: Vleirotte verander in kwartels (田鼠化為鴽/田鼠化为鴽). Laaste pentade: Reënboë begin verskyn (虹始見/虹始见).
Japan Eerste pentade: Die swaeltjie vlieg terug uit die suide (玄鳥至; Tsubame itaru). Tweede pentade: Die gans migreer noord (鴻雁北; Kōgan kitae kaeru). Laaste pentade: Reënboë begin verskyn ná die reën (虹始見; Niji hajimete arawaru).
Verwysings
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Sontermyne Kategorie:Lente