Titaan-49 (chemiese notasie Ti) is 'n stabiele isotoop van titaan. Dit is 'n taamlik seldsame isotoop.
Vorming Hierdie isotoop word hoofsaaklik gevorm as die vervalproduk van die radioaktiewe chroomisotoop Cr. Die nukleosintese van hierdie chroomisotoop kan naby die ineenstortende kern van 'n supernova tipe II of in ontploffende heliumverbranding in 'n bepaalde soort tipe I-supernova plaasvind. Cr verval eers na V, 'n isotoop van 'n vuurvaste element, wat 'n halfleeftyd van 330 dae besit. Hierdeur kan die materiaal in supernovakorrels ophoop. Hierdie effek kan in hulle afwykende isotoopverhoudings waargeneem word.Handbook of Isotopes in the Cosmos: Hydrogen to Gallium Cambridge University Press, 2003, ,
δ49Ti Die isotoopverhouding tussen Ti en Ti wat met 73,72% die volopste voorkom, kan hier op aarde wissel van +0,054 ‰ tot +0,548 ‰. Metings van hierdie isotoopverhouding word in die geochemie gebruik vir die navorsing van die vorming van gesteentes. Hoë waardes word viral in gedifferensieerde magmas aangetref en dit word dalk deur fraksionering wat tydens die differensiasie optree veroorsaak. Die vorming van yster-titaan-oksiede speel hierin 'n sleutelrol. Hoë delta-waardes gaan gewoonlik saam met hoë kiesel-gehaltes.
In basalte wat op die maan gevind is, is die verryking van sware titaanisotope taamlik klein (tot slegs +0,033 ‰)
In die meeste meteoriete soos gewone chondriete (H, L en LL), koolstofhoudende chondriete en enstatiet-chondriete wisse die δ49Ti-waarde nouliks en die gemiddelde waarde +0,004±0,010 ‰ kom baie goed ooreen met die waarde van silikate of aarde, die maan, Mars en die hemelliggame wat as die oorsprong van die HED- en angriet-achondriete beskou word. Die aubriete wys nogtans waardes wat wissel van -0,07 tot +0,24 ‰Titanium stable isotopic variations in chondrites, achondrites and lunar rocks Geochimica et Cosmochimica Acta 213, 2017, 534-552
Verwysings
Kategorie:Isotope van titaan