Allan Anthony Donald (gebore 20 Oktober 1966 in Bloemfontein) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler en huidige afrigter. Sy bynaam tydens sy speeldae was "Witblits" of White Lightning en hy word as een van die Proteas se suksesvolste boulers beskou. Hy het onder meer tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1992, 1996, 1999 en 2003, asook die Kampioenetrofeë in 2000 en 2002 vir Suid-Afrika gespeel.
duimnael|links|'n Grafiek wat Donald se toetsloopbaan-boulstatistieke toon. Hy was een van die beste snelboulers in toetskrieket. Hy was bo-aan die IKR se toetsranglys in 1998. Sedert sy aftrede in 2002 was Donald 'n afrigter vir 'n aantal spanne. Allan Donald is in Julie 2019 in die IKR se Heldesaal opgeneem.
Internasionale loopbaan Hy het sy toetsdebuut op 18 April 1992 gemaak in Suid-Afrika se eerste toets na die hertoelating van die sport tot wêreldsport ná die afskaffing van apartheid. Suid-Afrika het met 52 lopies teen die Wes-Indiese Eilande in Barbados verloor. Donald het 2–67 en 4–77 geneem, insluitend die paaltjie van Brian Lara. Met sy uittrede was hy Suid-Afrika se rekordpaaltjienemer met 330 toetspaaltjies teen 'n gemiddeld van 22,25, en het hy 272 internasionale paaltjies met 'n gemiddeld van 21,78 lopies laat kantel. Albei hierdie rekords is deur Shaun Pollock ingehaal.
Donald was een van die beste snelboulers in toetskrieket en bereik die top van die IKR-toetsranglys in 1998, met 895 punte die volgende jaar. In Internasionale eendagwedstryde (EDI) het hy in 1998 794 punte behaal, die tweede plek na spanmaat Shaun Pollock. Hy het die nuwe bal met Pollock gedeel vanaf die toer van 1996/1997 na Indië tot met sy uittrede in 2002. Sedert sy uittrede was Donald 'n afrigter by verskeie internasionale spanne. Van 2018 tot 2019 was hy die assistent-afrigter by Kent County Cricket Club in Engeland. In 2019 is Donald opgeneem in die Internasionale Krieketraad Heldesaal.
Voorval In 1997 het Donald betrokke geraak by 'n voorval wat sedertdien vir hom "baie hartseer veroorsaak het". Donald is uit die park geslaan deur Sachin Tendulkar en Rahul Dravid in die eindronde van 'n eendagreeks. Donald sê hy het meegevoer geraak en Dravid van aangesig tot aangesig gekonfronteer en hom iets vreesliks toegesnou.
Tydens die Trent Bridgetoetswedstryd van 1998 het Suid-Afrika eerste gekolf en 374 in hul eerste beurt aangeteken. Engeland het geantwoord met 336, met Donald wat 5 paaltjies geneem het. In hul tweede beurt het Suid-Afrika slegs 208 aangeteken, wat Engeland 'n teiken van 247 gelaat het om die wedstryd te wen. Michael Atherton was besig om te vorder toe Donald 'n tydperk van boulwerk begin het, wat albei later in hul onderskeie outobiografieë as een van die mees intense periodes van toetskrieket wat hulle ooit gespeel het, sou beskryf. Donald het verskeie opslagballe na Atherton geboul, maar hy het verskeie goeie kanse oorleef om aan die einde van die dag staande te bly. Die volgende dag het Atherton saam met Alec Stewart die oorblywende lopies aangeteken, met Atherton wat op 98 gëeindig het. 'n Paar jaar later het Atherton vir Donald by 'n geleentheid die handskoene gegee wat hy tydens die wedstryd gedra het, wat later opgeveil is.
Nederlaag in die Krieketwêreldbeker 1999 In die krieketwêreldbeker-halfeindstryd van 1999 tussen Suid-Afrika en Australië was Donald die laaste kolwer in die Suid-Afrikaanse span. Australië kolf eerste en behaal 213, Donald neem 4–32 en Pollock 5–36. Die wedstryd het heen en weer geswaai met Suid-Afrika wat uiteindelik 16 lopies van die laaste 8 balle moes aanteken om te wen, met slegs een paaltjie staande. Lance Klusener en Allan Donald was laaste oor voor die paaltjies. Klusener slaan 'n ses en dan 'n enkellopie om die boulwerk te behou, gevolg deur twee viere. Die telling was gelyk met vier balle oor in die wedstryd. Die volgende bal het geen lopie tot gevolg gehad nie. Klusener slaan die volgende bal reguit oor die grond en begin hardloop vir 'n enkellopie, maar Donald kyk na die bal en mis die oproep om te hardloop. Beide kolwers was aan die bouler se kant voordat Donald begin hardloop, nadat hy sy kolf laat val het. Die bal is na die bouler gegooi, en toe na Gilchrist, wat die paaljies aan die ander kant gebreek het, met Donald net halfpad daarheen oppad. Australië het na die eindstryd deurgedring al het die wedstryd tegnies gelykop geëindig. Suid-Afrika het vroeër in die Super-Sesfase teen Australië verloor en moes die wedstryd wen om deur te dring na die eindstryd. Cricinfo report
Verwysings
Eksterne skakels
Allan Donald by ESPNcricinfo
Kategorie:Suid-Afrikaanse krieketspelers Kategorie:Krieketafrigters Kategorie:Geboortes in 1966 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners