Jacques Terre'Blanche (gebore 1 Desember 1982) is 'n Suid-Afrikaanse sanger en werklikheidstelevisiester. Hy verwerf bekendheid toe hy in die tweede seisoen van die Suid-Afrikaanse weergawe van die televisiesangkompetisie Idols derde geplaas is, ná wenner Anke Pietrangeli en naaswenner Poseletso Sejosingoe. Hy verskyn ook op Survivor South Africa: The Maldives. Hy sing meestal in Engels, maar maak sy Afrikaanse debuut in 2016 met sy cover van Lucas Maree se "Droomvrou".
Hy is getroud met die Suid-Afrikaanse model Charne Slee. Hy is die kleinseun van Tromp Terre'Blanche.
Vroeë lewe Terre'Blanche word op 1 Desember 1982 gebore as die seun van Ettienne.
Diskografie Ateljeealbums 2004: EQ 2007: The Colour Red
Enkelspelers 2013: Walking Your Way 2013: Goodnight Moon 2013: Simply War 2013: Heart Strings 2015: Cinnamon 2016: Droomvrou 2016: Ek Verlang 2017: Euphoria 2017: Skinny Jeans en Converse
Verwysings
Bronne
Eksterne skakels Jacques Terre'Blanche op MusicBrainz
Jacques Terre'Blanche op YouTube
Musiekvideo's "Droomvrou" op YouTube
Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Afrikaners Kategorie:Afrikaanse sangers Kategorie:Geboortes in 1982 Kategorie:Lewende mense