Die bandiet-dikkop (Priolepis cincta) is 'n dikkop wat voorkom in die westelike Stille Oseaan en die Indiese Oseaan, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die noorde van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as convict goby.

Identifikasie Die vissie word tot 5 cm lank. Die vis se lyf is bruin en daar is nou, ligter bande met donkerrande wat om die lyf gaan. Daar is kolletjies op dorsale- en stertvinne. Hulle leef in aflandige koraalriwwe in water wat 5 tot 70 m diep is.

Die vissie leef in skeure, grotte en tussen die korale. Hulle word gereeld gesien waar hulle onderstebo hang. Hulle is alleenlopers en vreet klein ongewerweldes. Hierdie spesie is geheimsinnig en word min gesien.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014

Eksterne skakels http://www.fishbase.se/summary/Priolepis-cincta.html http://eol.org/pages/213561/overview

Kategorie:Beenvisse