Sir Johannes Henricus Meiring Beck (1855–1919), bekend as Meiring Beck, was 'n Suid-Afrikaanse minister en komponis. Hy is gebore op Worcester in 1855. Hy ontvang sy onderwys aan die South African College en kwalifiseer in die geneeskunde in Edinburg, Skotland, in 1879. Hy praktiseer in Kaapstad en in 1898 word hy parlementslid vir Worcester. Hy verwerf gou aansien vanweë die Beck-wet. In 1908 word hy 'n Kaapse afgevaardigde na die Nasionale Konvensie. Met Uniewording is hy aangestel as senator en in 1916 word hy onder Louis Botha Minister van Pos- en Telegraafwese, 'n pos wat hy tot sy dood in 1919 behou. Hy woon baie jare in die Ou Drosdy op Tulbagh. Hy doen baie vir die bewaring van Suid-Afrikaanse monumente en was 'n vaardige komponis. Hy sterf in 1919.

Werk Van Beck se bekende werke sluit in: Meiring Beck, JH. "An enquiry into the cause of camp fever at Kimberley". (1883). 3 Transactions. 48–52. Meiring Beck, JH. "Pathology from an 'evolution' point of view". (1885). 4 Transactions. 34–39, 40–44.

Verwysings

Bron

Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers Kategorie:Geboortes in 1855 Kategorie:Sterftes in 1919