Rajendravarman II (Khmer: រាជេន្ទ្រវរ្ម័នទី២) was van 944 tot 968 koning van die Khmer-ryk. Hy was die oom en neef van Harshavarman II.

Sy belangrikste monumente by Angkor is Pre Rup en Oos-Mebon.Higham, C., 2001, The Civilization of Angkor, Londen: Weidenfeld & Nicolson, Higham, C., 2014, Early Mainland Southeast Asia, Bangkok: River Books Co., Ltd.,

Lewe Die koning het aanspraak gemaak op bande met die konings van Chenla, ’n voorloperstaat van die Khmer-ryk. Inskripsies lui dat die ryk tydens sy bewind uitgebrei is na Suid-Viëtnam, Laos en ’n groot deel van Thailand, tot so ver noord as Suid-China. Hy was ’n groot koning, volgens ’n inskripsie by Pre Rup, wie se swaard dikwels met bloed bevlek was en wie se liggaam so hard soos ’n diamant was.

Die koning het uit ’n groot paleis regeer wat deur sy minister Kavindrarimathana ontwerp is. Baie geleerdes glo hy het ’n stelsel van gesentraliseerde administrasie ingestel om meer direkte beheer uit te oefen op prinse wat grootliks onafhanklik op hul landgoedere op die platteland was.

Bouwerk aan die Banteay Srei, die versierde tempel van pienk sandsteen noord van die hoofkompleks in Angkor, het tydens sy bewind begin. Rajendravarman II is deur sy 10-jarige seun opgevolg wat as Jayavarman V regeer het.

Verwysings

Ekstra bron Mabbett, Ian and Chandler, David. The Khmers. Blackwell Publishers 1996.

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Konings van die Khmer-ryk