Jayavarman VI (Khmer: ជ័យវរ្ម័នទី៦) was van omstreeks 1080 tot 1107 koning van die Khmer-ryk.
Tydens die bewind van Udayadityavarman II en Harshavarman III was daar interne rebellies en ’n onsuksesvolle oorlog teen Champa. Harshavarman het moontlik in Angkor regeer toe Jayavarman VI tydens ’n opstand die troon oorneem.Higham, C., 2014, Early Mainland Southeast Asia, Bangkok: River Books Co., Ltd.,
Jayavarman was van die Phimai-gebied in die hedendaagse Thailand en dit lyk of hy ’n troonrower en die stigter van ’n nuwe dinastie, die Mahidharapura, was. Dit was die naam van die tuiste van sy familie se voorouers. In inskripsies aan die begin van sy bewind het hy beweer hy is ’n afstammeling van die mitiese egpaar prins Sage Kambu Swayambhuva en sy vrou en suster, Mera, in plaas van ’n werklike koninklike lyn.
Jayavarman VI was moontlik jare lank betrokke in ’n stryd teen die troue volgelinge van die laaste wettige koning, Harshavarman III, en sy erfgenaam, Nripatindravarman, wat dalk tot in 1113 in Angkor regeer het.
Hy kry die eer vir die bou van die tempel Phimai. Hy is deur sy ouer broer, Dharanindravarman I, opgevolg en het die postume naam Paramakaivalyapada gekry.
Verwysings
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Konings van die Khmer-ryk