duimnael|links|140px|’n Stele wat deur Udayadityavarman II opgerig is.
Udayadityavarman II (Khmer: ឧទ័យាទិត្យវរ្ម័នទី២) was van 1050 tot 1066 koning van die Khmer-ryk. Hy het Suryavarman I opgevolg.
Bewind Hy het die tempel Baphuon laat bou ter ere van die Hindoegod Shiva, maar van die standbeelde is opgedra aan die Boeddha. Hy het ook bouwerk aan die reservoir Wes-Baray voltooi en Wes-Mebon, ’n eiland in die middel daarvan, laat bou.Higham, C., 2001, The Civilization of Angkor, Londen: Weidenfeld & Nicolson, Higham, C., 2014, Early Mainland Southeast Asia, Bangkok: River Books Co., Ltd.,
Die tempel Sdok Kak Thom, naby die hedendaagse dorp Aranyaprathet in Thailand, is ook in sy tyd gebou. Die tempel is bekend daarvoor dat ’n gedetailleerde inskripsie op ’n stele die volgorde van vorige Khmer-konings aangee. Die stele is nou in die nasionale museum in Bangkok.
Verskeie rebellies is tydens sy bewind onderdruk, onder meer in 1051 en 1065. Hy is in 1066 deur sy jonger broer, Harshavarman III, opgevolg.
Verwysings
Ekstra bronne History of Cambodia. Besoek op 7 Junie 2004. 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Konings van die Khmer-ryk