Steinitzse dikkop (Amblyeleotris steinitzi) is 'n dikkop wat voorkom in die westelike Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, die Rooisee en ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van Mosambiek. In Engels staan die vis bekend as Steinitz's shrimp goby.
Identifikasie Die vissie word tot 8 cm groot. Die lyf is witterig en het vyf rooibruin, breë strepe wat skuins oor die lyf strek. By sommige vissies is die strepe dof. Daar is geel kolletjies op die dorsale vinne. Om die snoet en die mond is dit donkerbruin maar swart in die spesies wat in die Rooisee voorkom. Hulle leef in sanderige gebiede in tropiese strandmere asook aflandige koraalriwwe in water wat 6 tot 27 m diep is. Hulle kom gewoonlik in pare voor, die wyfie word min gesien omrede sy in die nes bly. Hulle vreet ongewerweldes en soöplankton. Die spesie is volop.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014
Eksterne skakels http://www.fishbase.se/summary/Amblyeleotris-steinitzi.html http://eol.org/pages/339318/overview
Kategorie:Beenvisse