duimnael|links|130px|Prasat Kravan is in Ishanavarman se tyd gebou. Ishanavarman II (Khmer: ឦសានវរ្ម័នទី២; oorl. 928) was ’n koning van die Khmer-ryk, vermoedelik van 923 tot 928. Sy heerskappy was moontlik beperk tot Angkor en die streek om en wes van Battambang.The Khmers, Ian Mabbet en David P. Chandler, Silkworm Books, 1995, bl. 262.

Lewe Ishanavarman was die jongste seun van koning Yasovarman I en sy vrou, wat ’n suster van Jayavarman IV was.Higham, C., 2014, Early Mainland Southeast Asia, Bangkok: River Books Co., Ltd., Hy het ’n ouer broer, Harshavarman I, gehad.

Ishanavarman het sy oorlede broer in 923 opgevolg. Sy bewind was waarskynlik onstuimig en chaoties. Hy en sy broer was albei betrokke in ’n magstryd met hul ma se broer Jayavarman IV. Dié het in 921 reeds sy eie hoofstad 100 km van Angkor gestig. Briggs, Lawrence Palmer. The Ancient Khmer Empire. Transactions of the American Philosophical Society 1951, bl. 115.

Die tempel Prasat Kravan is tydens Ishanavarman se bewind gebou. Niks anders is oor hom bekend nie, behalwe dat hy in 928 dood is en die postume naam Paramarudraloka gekry het.

Verwysings

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Konings van die Khmer-ryk