duimnael|links|160px|Harshavarman se tempel, Baksei Chamkrong. Harshavarman I (Khmer: ហស៌វរ្ម័នទី១; oorl. 923) was van 910-923 n.C. koning van die Khmer-ryk. Hy word onder andere genoem deur David P. Chandler, een van die voorste kenners van Kambodja se moderne geskiedenis."Book Review: Voices from S-21" . The American Historical Review (October 2002).SBS French program. Special Broadcasting Service (10 Desember 2007).
Lewe Harshavarman was die seun van koning Yasovarman I en sy vrou, wat ’n suster van Jayavarman IV was.Higham, 2001: p.70 Hy het ’n jonger broer, Ishanavarman II, gehad. Sy vrou se naam was Kambujarajalakshmi.
Die bewind van Harshavarman en sy jonger broer was ’n tydperk van onstabiliteit vir die Khmer-ryk. Albei was betrokke in ’n magstryd met hul ma se broer Jayavarman IV – dié konflik het deur Harshavarman se hele bewind voortgeduur. Jayavarman is eindelik uit Angkor verdryf en het sy eie hoofstad 100 km van daar gestig. Briggs, Lawrence Palmer. The Ancient Khmer Empire. Transactions of the American Philosophical Society 1951, bl. 115.
Niks anders is bekend van Harshavarman nie, buiten dat hy ’n klein tempelberg, Baksei Chamkrong, laat bou het wat hy aan sy ouers opgedra het.Higham, C., 2014, Early Mainland Southeast Asia, Bangkok: River Books Co., Ltd.,
Hy is in 923 dood en is deur Ishanavarman II opgevolg.The Khmers, Ian Mabbet en David P. Chandler, Silkworm Books, 1995, bl. 262.
Verwysings
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Konings van die Khmer-ryk